duimnael|280px|links|Die Skyline se agterkant met sy kenmerkende rooi "stoofplaat"-remligte Die Nissan Skyline C210/211 en GC210/211 van 1977 was 'n effens groter en vierkantiger ontwerp as die vorige Skylines. Dit was beskikbaar in 'n sedan, hardetop sedan, koepee en stasiewa, en ook hierdie een was losweg gebaseer op die Laurel platform (C32). Daar is sederdien voortgegaan om die Skyline-reeks te verdeel in basiese en sessilinder modelle, laasgenoemde met 'n langer asafstand en voorkant. Hierdie lyn is voortgesit tot in 1981. 'n Seldsame variant was die stasiewa-weergawe, met 'n unieke stilering agter die agterste deure, naamlik 'n veel kleiner venster as gewoonlik tussen die C- en D-pilare. Die Skyline het 'n binne- en buite-opkikkering in laat 1978 ondergaan, wat gelei het tot 'n verandering van die modelkode van 210 na 211.
C210 2000 GT-EX Skyline
Die GT-EX het die gestaakte GT-R vervang met 'n turbo-enjin, die L20ET. Hierdie was die eerste turbo-enjin om 'n Japannese produksievoertuig aan te dryf. Een noemenswaardige aspek van die turbo-weergawes was dat hulle nie tussenverkoel was nie, net met 'n nooddruk-ontlasklep. Soos gewoonlik by die Japannese motors van daardie tydperk, was daar vier- of vyf-spoed handratkaste en 'n drie-spoed outomaties beskikbaar.
C211 Nissan Skyline GT-2000 EX het 'n gerekende topspoed van 186 km/h (116 mph) gehad.
Verwysings
Skyline C210
en:Nissan Skyline#C210