links|250px|duimnael|Ds. Pieter van der Merwe het die NG kerk Merweville se hoeksteen op 24 Januarie 1914 gelê. duimnael|regs|240px|Folkert Wilko Hesse. links|duimnael|250px|Steytlerville se kerkgebou soos geskets deur Hesse.

Folkert Wilko Hesse (Amsterdam, Nederland, 1 November 1855 – Kaapstad, 17 Desember 1923) was ’n Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms wat tydens die eerste kwart van die twintigste eeu verantwoordelik was vir die ontwerp van talle NG kerke.

Herkoms en opleiding Hesse was die seun van Francois en Elisabeth Hesse (gebore Dekker). Hy het sy skoolopleiding in sy geboortestad ontvang. Daarna het hy die Kunsskool, ook in Amsterdam, bygewoon om argitektuur te studeer en, buiten sy teoretiese werk, het sy pa, wat ’n vervaardiger was, daarop aangedring dat hy ’n deeglike praktiese kennis opdoen van die ambagte van skrynwerk en messelary, waarsonder die beginsels van sy wetenskap moeiliker sou wees om toe te begryp en toe te pas. Daarom het hy drie jaar in ’n skrynwerkwinkel deurgebring en nog vier maande as klipmesselaar.

Hierna het Hesse as leerling aangesluit by ene G. Springer, wat ten opsigte van aansien en algemene uitnemendheid beskou is as die voorste argitek in Amsterdam. Hy het ses jaar in Springer se kantoor deurgebring en toe aangesluit by J.H. Shmitz, saam met wie hy vier jaar gewerk het. Teen dié tyd was Hesse self ’n bedrewe argitek. Sy eerste aanstelling was as boutekenaar en later as assistentargitek in die departement van spoorweë, waar hy ses jaar gebly het. In 1885, die jaar waarin hy met Anne Groenewald getroud is, het hy sy eie argiteksfirma in Amsterdam opgerig. In dié stadium het hoofsaaklik planne vir woonhuise ontwerp.

Immigrasie na Suid-Afrika Hy en sy vrou, by wie hy twee kinders gehad het, het in 1901 of '02 na Suid-Afrika geïmmigreer waarna Hesse tot 1923 in Kaapstad gepraktiseer het. Hier het hy gou gevestig en bekend geraak onder die Afrikaans-Hollandse bevolking. Die grootste deel van sy werk het bestaan uit opdragte om NG kerkgeboue te ontwerp. Meermale het hy in vennootskap met R.M. Robertson gewerk. In 1909 het Hesse en sy seun Francois (1887-1957, begrawe in BrakpanDie Genealogiese Vereniging se begraafplaasversameling . URL besoek op 12 Januarie 2015.), wat as slim en belowende leerling beskryf is, die vennootskap Hesse & Hesse begin en teen 1915 het hulle van 'n adres in die NG Kamers in Kaapstad gewerk. Omstreeks 1917 het Hesse die voorlopige ontwerp vir die NG kerk op Warden opgestel, maar blykbaar is hy in 1922 deur Gerard Moerdijk vervang, waarskynlik weens swak gesondheid.

Hesse was lid van die Vereniging van Transvaalse Argitekte in 1915 en ’n genoot van die Kaapse Instituut van Argitekte.

Nalatenskap duimnael|regs|230px|Hesse se grafsteen in die Woltemade-begraafplaas, Kaapstad. Hy word veral onthou vir statige NG kerkontwerpe, soos dié van Kuilsrivier (1903), Vredenburg, Steytlerville (een van die grootste NG kerke in die land) en Hopefield.

Enkele ontwerpe NG kerk McGregor, 1904, Wes-Kaap NG kerk Steytlerville, 1906, Oos-Kaap NG kerk Vredenburg, 1904, Wes-Kaap NG kerk en pastorie, Kuilsrivier, 1903, Wes-Kaap NG kerk George (herbou van die toring), 1906, Wes-Kaap NG kerk Uniondale (herbou van toring), 1908, Wes-Kaap NG kerk Swellendam, 1910, Wes-Kaap NG kerk Merweville, 1914, Wes-Kaap NG kerk Riebeek-Kasteel, 1915, Wes-Kaap Graaff-Reinet se stadsaal, 1910, Oos-Kaap NG kerk Upington, ingewy 13 April 1912, Noord-Kaap NG kerk Warden, begin in 1918, hoeksteen 1920, bouwerk onderbreek, herbegin deur Gerard Moerdijk 1922, Vrystaat NG kerk Memel, 1925, Vrystaat (waarskynlik eerder sy seun Francois se werk) NG kerk Petrusville, 1925, Noord-Kaap (moontlik die werk van sy seun Francois Hesse, oorlede 25 Januarie 1956)

Geboue wat Hesse ontwerp het

Bronne Besonderhede oor Hesse se lewe en werk op die argitektuurwebtuiste Artefacts.co.za. URL besoek op 12 Januarie 2015. Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse argitekte Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Nederland Kategorie:Geboortes in 1855 Kategorie:Sterftes in 1923