David Walter Foster, OC, OBC (gebore op 1 November 1949), is 'n Kanadese musikant, musiekvervaardiger, komponis, liedjieskrywer en verwerker. Hy het vir suksesvolle musikale kunstenaars vervaardig, soos Andrea Bocelli, Toni Braxton, Chicago, Céline Dion, Jackie Evancho, Whitney Houston, Jennifer Lopez, Rod Stewart, Barbra Streisand, Westlife en vele ander. Foster het 16 Grammy-toekennings van 47 nominasies ontvang. Hy is tans die voorsitter van Verve Music Group.
Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese pianiste