Die Federale Distrik Krim (Russies: Крымский федеральный округ) is een van die nege federale distrikte van Rusland. Dit is op 21 Maart 2014 gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland. Die distrik sluit in die Republiek Krim en die federale stad Sewastopol, wat deur die grootste deel van die internasionale gemeenskap beskou word as deel van Oekraïne. Laasgenoemde land beskou die gebied saam met die Volksrepublieke Loegansk en Donetsk as "tydelik besette gebiede".Law about occupied territories of Ukraine. Mirror Weekly. 15 Mei 2014Higher educational institutions at the temporarily occupied territories of Ukraine will not work - the minister of education. Newsru. 1 Oktober 2014

Die administratiewe hoofstad van die federale distrik is Simferopol.

Federale deelgebiede 400px|Federale Distrik Krim # Vlag Federale gebied Administratiewe hoofstad 1 40px|border Republiek Krim Simferopol 2 40px|border Sewastopol

Verwysings

Krim