duimnael|300px|Kaapse pelsrobbe te Kaap Kruis

Kaap Kruis (Engels: Cape Cross, Duits: Das Kreuzkap; Portugees: Cabo da Cruz) is 'n landpunt aan die Namibiese kus. Dit is langs die Skedelkus op die C34-hoofweg ongeveer 60 kilometer noord van Hentiesbaai en 100 kilometer noord van Swakopmund geleë. Kaap Kruis is ook 'n bekende reservaat vir 'n kolonie Kaapse pelsrobbe (Arctocephalus pusillus).

In die jaar 1484 vaar die Portugees Diogo Cão (ou Portugese spelling Diogo Cam) langs die Atlantiese kus van Afrika na die suide. Hy was die eerste Europeër wat hier langs die Namibiese kus gevaar het. Sy ontdekkingsreis eindig — letterlik — by Kaap Kruis. Hy gaan hier aan land en plant 'n gedenkteken, 'n kruis ('n padrão) met 'n inskripsie daarop. Die inskripsie lui:

duimnael|links|Replika van Diego Cão se kruis

Diogo Cão is by Kaap Kruis oorlede en is hier begrawe. Die kruis wat hy opgerig het was vir opvolgende ontdekkingsreisigers — soos Bartolomeus Dias (1487-'88) en Vasco da Gama (1497-'99) — 'n baken onderweg na Kaap de Goede Hoop en verder aan. Die oorspronklike kruis is later na die museum vir oseanografie in Berlyn geneem en met 'n replika vervang. Hierdie replika is nie heeltemal op die oorspronklike plek geplant nie, waarna 'n tweede replika op die regte plek aangebring is.

duimnael|300px|Inskripsie in die oorspronklike Portugees, benewens Duits en Afrikaans

Tussen 1898 en 1903 was daar 'n gemeenskap by Kaap Kruis wat hulle met die versamel van ghwano bemoei het. 'n Begraafplaas herinner aan hierdie tydperk. Tans is die kolonie pelsrobbe die belangrikste trekpleister vir toeriste.

Verwysings

Eksterne skakels

Kruis Kategorie:Landvorme van Namibië