Die BAE Systems Hawk is 'n Britse enkelmotorige, straleraangedrewe gevorderde opleidingsvliegtuig. Dit het die eerste keer op Dunsfold, Surrey, in 1974, as die Hawker Siddeley Hawk gevlieg, en daarna deur sy opvolgermaatskappye, British Aerospace asook BAE Systems. Dit word in 'n opleidingskapasiteit en as 'n laekoste vegvliegtuig gebruik.
Operateurs van die Hawk sluit in die Britse Lugmag (Royal Air Force), veral die "Red Arrows" vertoonspan, en 'n groot aantal buitelandse militêre operateurs. Die Hawk is steeds in produksie in die Verenigde Koninkryk en onder lisensie in Indië deur Hindustan Aeronautics Limited (HAL) en meer as 900 Hawks is reeds aan 18 operateurs dwarsoor die wêreld verkoop.
Oorsese verkope Finland duimnael|'n Finse Lugmag Hawk in vlug, 2011 In Januarie 1978 het Brittanje en Finland aangekondig dat 'n ooreenkoms bereik is om 50 Hawk Mk. 51s aan die Finse Lugmag te verskaf in 1980; "Britain-Finland barter deal." The Christian Science Monitor, 6 Januarie 1978. Hierdie vliegtuie word in Finland onder lisensie deur Valtion lentokonetehdas gebou. Die Finse Lugmag se operasies was beperk tot 60 eerste-linie vegvliegtuie deur die Vredesverdrag van Parys in 1947. Deur die verkryging van die Hawks, wat as opleiers eerder as vegters gereken is, kon kapasiteit verhoog word sonder om die verdrag te verbreek. Hierdie verdrag is egter nietig verklaar met die verbrokkeling van die Sowjetunie.
Sewe bykomende Mk. 51As is in 1993-1994 afgelewer om te vergoed vir sommige verliese. In Junie 2007 het Finland 18 gebruikte Hawk Mk. 66s van die Switserse Lugmag gekoop vir € 41 miljoen; hulle is afgelewer in 2009-2010. Die Finse Hawks is na berig gewapen met Russiese Molnija R-60/AA-8 lug-tot-lug missiele."Suomi hankkii lisää Hawk-hävittäjiä". Finnish Broadcasting Agency (YLE), 28 Junie 2007. Die Finse Lugmag se kunsvliegspan, die Midnight Hawks, gebruik ook die vliegtuig.
As gevolg van stygende vlakke van metaaltamheid, sal 41 uit 67 van Finland se totale Hawkvloot uit diens geneem word tussen 2012-2016; die oorblywende vliegtuie is jonger en daar word verwag dat hulle tot in die 2030's sal vlieg."PARIS AIR SHOW: Finnish air force chief accepts first upgraded Hawk jet trainer." Flight Global, 16 Junie 2009."Finnish Air Force decommissioning 41 Hawk trainer jets." Helsingin Sanomat, 5 November 2010. In 2011 het Finse Mk. 51s en Mk. 66s opgraderings ondergaan, insluitend 'n nuwe Patria Cockpit 2000 "glaskajuit" en nuwe sagteware.Pugliese, David. "Esterline CMC Electronics Completes Upgraded Glass Cockpit Deliveries for Finnish Air Force Fleet of Hawk Jet Trainers." Ottawa Citizen, 13 Julie 2012.
Indië duimnael|Twee BAE Systems Hawks van die Indiese Lugmag Op 23 Februarie 2008 tree die Hawk Mk. 132 formeel in diens by die Indiese Lugmag (ILM), na een van die mees uitgerekte aankooptransaksies in Indië se geskiedenis. Twee dekades het verloop tussen die aanvanklike belangstelling en kontrakondertekening op 26 Maart 2004. Die ILM het 24 vliegtuie direk van BAE Systems ontvang met aflewerings wat in November 2007 'n aanvang geneem het, en 'n verdere 42 Hawks gemonteer deur Hindustan Aeronautics Limited (HAL) tussen 2008 en 2011.
In Februarie 2008 het Indië beplan om nog 57 Hawks te bestel, met 40 wat aan die Indiese Lugmag sou gaan en die oorblywende 17 aan die Indiese Vloot.Govindasamy, Siva. "India seeks extra Hawks", Flight International, 11 Februarie 2008.Luthra, Gulshan and Goel, Ashok. "IAF to buy 40 more Hawk Advanced Jet Trainers, Navy to follow with 17" , India Strategic, Februarie 2008. In Julie 2010 is aangekondig dat die ILM en die Vloot die bykomende 57 vliegtuie sal ontvang. Die bykomende vliegtuie sou in Indië gebou word deur Hindustan Aeronautics, steeds onder lisensie van BAE.Amy Wilson. "BAE wins £500m Hawk order", Telegraph VK, 29 Julie 2010. Op 10 Februarie 2011 het Hindustan Aeronautics Beperk en GE Aviation 'n kontrak onderteken ingevolge waarvan GE Aviation vir die volgende 30 jaar die onderhoud op Indië se Hawkvloot sal uitvoer . Die ILM was glo ontevrede met die voorsiening van ruilonderdele, en in Desember 2011 het BAE 'n kontrak ontvang om Indië te voorsien van onderdele en grondrugsteun. "BAE Systems secures £59 million Hawk AJ T spares contract from Indian government." Economic Times, 12 Desember 2011.
Indonesië Indonesië het beplan om sy lugvermoë te vergroot, en die eerste van verskeie bestellings is in April 1978 vir die Hawk geplaas.Phythian 2001, p. 163-164. Die Indonesiese Lugmag het meer as 40 Hawks in die 1980's en 1990's ontvang; In Junie 1991 het BAe en Indonesian Aerospace (IPTN) 'n groot ooreenkoms onderteken vir samewerkende produksie van die Hawk, en meer bestellings vir die Hawk is verwag.Phythian 2001, pp. 156–157.
Die Hawks was die ruggraat van die Indonesiese Lugmag en het meer gevorderde en duur vliegtuie soos die F-16 Fighting Falcon aangevul. In September 2013 het die Indonesiese Lugmag die KAI T-50 Golden Eagle begin ontvang, om uiteindelik die Hawk in diens te vervang. In Februarie 2016 is aangekondig dat Indonesië se Hawk-vloot 'n nuwe radarwaarskuwing-ontvanger-selfverdedigingstelsel sou ontvang, wat die tipe se gebruik in ligte aanvaloperasies moontlik sou maak.Jennings, Gareth and Richard Scott. "Singapore Airshow 2016: Indonesia to upgrade Hawk 200/209s with RWR self-protection." IHS Jane's International Defence Review, 16 Februarie 2016.
Irak Gedurende die 1980's het die Britse regering die beplande verkoop van 63 Hawk opleidingsvliegtuie aan Irak oorweeg. Scott 1996, p. 560. Hoewel daar heelwat positiewe gevoel was, was die voorstel omstrede omrede Irak die Hawk in grondaanvalle teen hul naburige Iran kon aanwend en ook Irak se eie Koerdiese bevolking daarmee onderdruk;Scott 1996, p. 564-566. daar was ook kommer dat die Hawk potensieel met chemiese wapens bewapen kon word. Ná vele beraadslagings is die verkoopstransaksie egter afgekeur.Scott 1996, pp. 567, 570–571. In 2010 het Irak weer gesprekke met BAE aangeknoop vir die bestelling van tot 21 Hawks.Pfiefer, Sylvia. "Iraq in talks to buy BAE Hawk jets." Financial Times, 29 April 2010.
Saoedi-Arabië duimnael|links|'n Hawk van die Koninklike Saoedi Lugmag in 2011 Saoedi-Arabië het reëlings getref om die Hawk onder die Al-Yamamah wapentransaksie met Brittanje te verkry; 'n totaal van 50 Hawk Mk. 65/65A is verkry op twee bestellings in 1985 en 1994."Saudi catches the UK train." Arabian Aerospace, 10 Augustus 2012. In Augustus 2012 is 'n transaksie van ongeveer VS$ 800 miljoen vir 22 Hawk 'Gevorderde opleidingsvliegtuie' aangekondig, om die ouer modelle van die Hawk in die Koninklike Saoedi Lugmag te vervang. Die Saoedi's het ook 'n demonstrasiespan wat met Hawks vlieg. In Februarie 2016 het Saoedi-Arabië die aantal Hawk AJT-vliegtuie wat hy by BAE Systems bestel het, verdubbel, met 'n bestelling vir 'n verdere 22. Dit is in die maatskappy se voorlopige jaarverslag vir 2015 onthul; "Ons het 'n ooreenkoms met die Saoedi-kliënt bereik vir die verskaffing van 'n verdere 22 Hawk AJT-vliegtuie, gepaardgaande grondtoerusting en opleidingshulpmiddels vir die RSAF wat deel vorm van 'n verbetering van die Koninkryk se opleidingskapasiteit." Sodra in diens is, sal die Hawk AJT's die vervanging van die vroeëre Mk 65 en Mk 65A platforms voltooi. 22 van hierdie Hawks sal plaaslik in Saoedi-Arabië gemonteer word, waarvan die eerste in Maart 2019 voltooi is.
duimnael|'n Hawk 120 LIFT van die Suid-Afrikaanse Lugmag Suid-Afrika In 1993 is gesprekke tussen BAE en Denel Aviation van Suid-Afrika begin oor 'n plaasvervanger vir die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se verouderde Atlas Impala-vloot.Barrie, Douglas. "BAe in Hawk building talks with South Africa." Flight International, 16 November 1993. p. 4. Teen 2004 het Denel met die bou van die Hawks onder lisensie van BAE begin. Komponente is ook deur Denel vervaardig vir ander kliënte van die vliegtuig.Kampbell, Keith. "Hawk production under way in South Africa." Engineering News, 14 Januarie 2005. Op 13 Januarie 2005 het die eerste plaaslikgemonteerde Hawk sy nooiensvlug onderneem. Dit was deel van 'n groep van 24 opleidingsvliegtuie wat deur die SALM bestel is."First SA-assembled Hawk completes maiden flight." 14 Januarie 2005.
Zimbabwe duimnael|links|RAF Hawk T1A van Britse No. 4 Vliegopleidingskool In die 1980's is 12 BAE Hawk T.Mk. 60/60As aangekoop vir die Lugmag van Zimbabwe; die aankoop is ondersteun deur 'n £35 miljoen-lening van die Verenigde Koninkryk aan Zimbabwe."UK backed millions in loans for Zimbabwe jets." Jubilee Debt Campaign, 8 Mei 2012. Die Hawk-transaksie het ook die oordrag van 'n aantal tweedehandse Hawker Hunters ingesluit.Mitchell, Emily. "UK Arms Exports to Zimbabwe." Campaign Against Arms Trade, September 2000. In Julie 1982 is minstens een Hawk op die grond vernietig en drie erg beskadig tydens 'n aanval van andersdenkendes op Thornhill Lugmagbasis, Gweru.Towers, Roy. ". Year Of Deepening Unease For Security Forces In Zimbabwe." Glasgow Herald, 27 Julie 1982. p. 5.
Zimbabwe se Hawks is gedurende die Tweede Kongo-oorlog gebruik. Talle lugaanvalle is ter ondersteuning van die Kongolese weermag uitgevoer teen Rwandese, Ugandese en rebellemagte in 1998-2000. In 2000 het die omstredenheid oor Zimbabwe se militêre ingryping in die Kongo, en sy swak menseregterekord, gelei tot Brittanje se instelling van 'n algehele wapenverbod teen dié land, insluitende onderdele vir die Hawk.MacAskill, Ewen. "Britain's ethical foreign policy: keeping the Hawk jets in action." The Guardian, 20 Januarie 2000."UK halts arms to Zimbabwe." BBC News, 13 Mei 2000. As gevolg van die verbod, het Zimbabwe daarna ses Chinese Hongdu K-8s as plaasvervangers aangekoop."Zimbabwe buys six fighter jets." The Guardian, 14 April 2005."Zimbabwe: 'Purchase of Jets From China Wise'." allafrica.com, 1 Julie 2005.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Verwysings
Kategorie:Vegvliegtuie