duimnael|regs|180px|Ds. J.G. Steytler was van 1902 tot 1905 De Rust se eerste leraar.
duimnael|links|310px|Die gemeente se kerkgebou is op 28 November 1902 ingewy.
duimnael|regs|230px|Die kerkgebou se preekstoel.
duimnael|regs|190px|Die gedenksteen wat in 1949 onthul is ter herdenking van die gemeente se vyftigjarige bestaan.
duimnael|regs|230px|Die gedenksteen wat in 1974 onthul is ter herdenking van die gemeente se 75-jarige bestaan.
duimnael|regs|230px|Die gedenksteen wat in 1999 onthul is ter herdenking van die gemeente se honderdjarige bestaan.
Die NG gemeente De Rust is 'n meer as 110 jaar oue gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy setel op die Klein-Karoo-dorp De Rust.
Agtergrond By geleentheid van 'n gewone kerkraadsvergadering op Oudtshoorn op 18 Maart 1899 het oudouderling Johannes Jurgens Schoeman die vergadering meegedeel hy en diaken S.D.P. le Roux het 'n plaas genaamd De Rust gekoop met die doel om 'n nuwe gemeente stig. Hulle het die kerkraad om geldelike ondersteuning gevra vir sodanige nuwe gemeente. Op voorstel van oudl. C. Snyman het die vergadering die versoek tot afstigting eenparig goedgekeur. Op die volgende vergadering, op 3 April 1899 is besluit om 'n bruidskat van £2 000 aan die te stigte gemeente te skenk.
Die twee here J.J. Schoeman en S.D.P. le Roux, wat as die vaders van sowel die nuwe dorp as die nuwe gemeente beskou kan word, het onmiddellik aan die werk gespring om die nodige waarborglyste vir die afstigting in orde te bring. Hierin het hulle de heelhartige steun en medewerking van die hele wyk gehad. Laat in 1899 was alles gereed en op 28 November 1899 het die Ringskommissie van die Ring van George, naamlik di. D. Rossouw, A.G. du Toit en J.A. Beyers op De Rust vergader met die doel om te De Rust 'n nuwe gemeente te stig.
Die volgende uittreksels uit die ringsverslag bevat die vernaamste besluite: "De Hr. Jurie Schoeman deelt mede dat hy met de Hr. S. le Roux overeengekomen is om een stuk grond voor een dorp van hunne plaats, De Rust, te laten uitsnyden, en dat zy de commissie de volgende aanbiedingen zullen doen: a. Een morgen en half bouwgrond voor kerk en pastorie. b. Een halven morgen droog grond voor een school. Deze stukken grond kunnen naar goedvinden uitgekozen worden. c. Voorts geven zy ook een morgen droog grond voor een markt en een geschikt stuk grond voor eene begraafplaats. d. Van elke erf binnen het stuk grond door hen aangewezen zullen zy 5% van den verkoopprys afgeven aan de kerk. e. Water: Het water zal verdeeld worden volgens morgen grond, gerekend naar al de bouwgronden thans in gebruik op de plaats. Alle eigenaars en huurders van drooge erven zullen het recht hebben water voor huisdoeleinden te gebruiken. Kerkgangers en bezoekers die niet grond bezitten, zullen het recht op weigrond en water voor gebruik hebben. f. Een halven morgen zal voor de Zending gegeven worden."
Hierdie aanbiedinge is eenparig aangeneem. Die volgende grensskeiding is vasgestel: "Naar de kant van Oudtshoorn: van Molenrivier naar Hazenjacht, door de Olifantsrivier naar Rietfontein-Leeuwblad. Naar de kant van Uniondale: Loopensrivier, Diepkloof en Schoongezicht. Al de bovengenoemde plaatsen zullen aan de nieuwe gemeente behooren." Verder is aan die hand gegee dat na die kant van Willowmore en Prins Albert naamtekeninge probeer verkry word van lidmate van die plase Uitnood, Haggas, Witplaats, Rondable en Klaarstroom.
As konsulent is benoem die predikant van Oudtshoorn, destyds ds. George Murray en tot kerkraadslede: ouderlinge Jurie Schoeman, Hendrik Greeff, Carel Snyman en Louis Steyn en tot diakens Gabriël le Roux, Stephanus le Roux, Thomas Klue, Jacobus Louw, Matthys Jamneck, Lukas van der Westhuizen, Stephanus Otoo, Cornelis Muller en Michiel Otto. By die afstigting was die getal lidmate volgens die ringvorms 500 vir die jaar 1900 en die sieletal oor die duisend.
Vroegste geskiedenis Die eerste kerkraadsvergadering onder die voorsitterskap van ds. Murray is op 7 Februarie 1900 gehou. Daar is besluit om die kerkraad van Oudtshoorn te versoek om oor drie maande die £2 000 in te betaal, ""daar men van plan is dadelyk met het bouwen ener kerk te beginnen". Tot lede van die boukommissie wat dadelik inligting in verband met die brand van bakstene moes inwin, is benoem die broers J.J. Schoeman, S.D.P. le Roux, L. Steyn en J.W. Louw. Br. S.D.P. le Roux is ook gekies tot kassier-diaken. In hierdie stadium was daar nog 'n aantal lidmate in die wyk Hazenjacht wat verkies het om onder Oudtshoorn te ressorteer. Die saak is eindelik na die Ringskommissie verwys om 'n oplossing te vind. Op 'n vergadering gehou op 22 Mei 1900, het die kommissie aan nege gesinne verlof toegestaan om onder Oudtshoorn te bly ressorteer, op voorwaarde dat hulle kinders ná hulle huwelik moes oorkom na De Rust; ook dat die kerkraad van Oudtshoorn sou gevra word om die kerklike bydraes van die genoemde huisgesinne aan De Rust af te staan. Waarskynlik omdat die nuwe gemeente oor geboue besit het nie, is voorlopig besluit om nog nie 'n leraar te beroep nie.
In Junie 1900 is oudl. J.J. Schoeman afgevaardig om die kerkraad van Oudtshoorn te ontmoet en "aan hen voor te stellen: De kerkraad van De Rust betale een vierde van het zalaris van den hulpprediker, £50 per jaar, op voorwaarde dat er êên Zondag in de maand godsdienst, en eene week in de maand huisbezoek gehouden word in deze gemeente, met dien verstande dat er dan geen konsulents salaris betaald worde." Oudtshoorn se kerkraad het egter aangebied om teen £100 per jaar twee dienste per maand te gee, sowel as die een week huisbesoek. Hierdie aanbod is met dank aanvaar, en vanaf Julie 1900 is die nuwe gemeente redelik goed bearbei, hoofsaaklik deur ds. G. Murray. In November 1900 is 'n poging aangewend om Ds. A.F. Louw te kry om die gemeente tydelik te bearbei, maar weens krygswet wat op daardie tydstip baie streng toegepas is in dié gebied, kon ds. Louw nie kom nie. Om dieselfde rede het die poging van die kerkraad om ds. P.A.M. de Vos se dienste te kry, ook misluk. Deur bemiddeling van ds. Andrew Murray is daarin geslaag om ds. Boshoff te kry om die gemeente tydelik te kom bearbei van die begin van 1901 af.
Kerkbou Die jong gemeente het oor geen geboue beskik nie en so moes die eerste nagmaalsviering, 29 April 1900, in die opelug onder die bome langs die huis van mnr. S.D.P. le Roux, waar trouens die meeste dienste voor die voltooiing van die kerk gehou is, waargeneem word. Dit was dus dringend noodsaaklik om dadelik aan die werk te spring, selfs voordat die gemeente sy eie leraar gehad het. By geleentheid van die genoemde nagmaalsviering is die kerkraadsbesluit van 3 Maart 1900, om 'n kerk van 600 sitplekke teen £3 000 te laat bou, aan die gemeente bekendgemaak, en is 'n oproep om kragdadige steun gedoen. Die wyse van bou, naamlik dat die kerkraad al die materiaal sou verskaf, het aan elke gemeentelid die geleentheid gegee om sy of haar deeltjie by te dra.
George Wallis van Oudtshoorn is as argitek aangestel om die planne in gereedheid te bring. In Junie 1900 is tenders gevra en is die van die heer Combrinck van Prins Albert op 2 Julie aangeneem. Die gemeente was vuur en vlam. Op die vergadering in Augustus kon verskeie kerkraadslede rapporteer van hulp aangebied deur talle gemeentelede. Selfs die armstes het gretig meegewerk. Oudl. J.J. Schoeman "zegt dat de zyner bywoners elk een vracht cement gratis te Oudtshoorn gehaald heeft". Vir die breek van die klippe vir die fondament "hebben zes arme personen elk een dag gratis gearbeid". Die voorman by die klipbrekery was die broer Gert van Rooyen.
Mosselbaai was destyds nog die naaste spoorwegstasie en die kerkraadslede het opdrag gekry om vrywilligers te soek vir die vervoer van goedere, wat per wa moes geskied. Gelukkig was dit in die dae toe die meeste boere nog self tog gery het om hulle produkte van die hand te sit, en by die vergadering in September 1900 kon die aanbod van 32 lede bekend gemaak word, wat óf geldelike bydraes óf waens sou lewer vir die vervoer van die boumateriaal vanaf Mosselbaai, óf vir die aanry van stene. Ook die jongmense het uitgespring en 'n konsertjie gereël, terwyl die susters voorbereidings begin tref het vir 'n groot basaar by geleentheid van die hoeksteenlegging wat op 28 November 1900 deur ds. J.A. Beyers sou waargeneem word.
Hoeksteenlegging Intussen het oudl. J.J. Schoeman die hoeksteen uit Italië bestel en aan die gemeente geskenk. Die hoeksteenlegging het dan op plegtige wyse op genoemde datum plaasgevind. Die volgende beskrywing hiervan is in die lêers van die Oudtshoorn Courant van 29 November 1900 gevind. "Des morgens te nege ure hield Ds. J. Beyers van Willowmore een inleidingsdienst onder de groote moerbeziën boomen en sprak zyn gehoor de woorden in Mat. 7: 24 toe, en bepaalde de aandacht by het verschil dat er bestaat van op zand of op een rots te bouwen. Na Ds. Barry van Calitzdorp het gebed gedaan had, ging men in die volgende orde naar het nieuwe gebouw : (1) De Architect, de heer G. Wallis Sr. en de boumeester, de heer G. Combrinck; (2) De leden der Bouw Commissie; (3) Predikanten van Oudtshoorn, Willowmore, Uniondale en Calitzdorp; (4) Kerkraadsleden dier en deze gemeente; (5) Gemeenteleden.
"By den steen werd gezongen Ps. 118:11, waarna hy plechtig gelegd werd door Ds. Beyers en onder dezelve werd in een kistje gezet een kopy van Het Zuidwesten, De Kerkbode, Kerkalmanak van 1900, Het Oosten,''' een gezangboekje door den heer Jacob Hoek van Oudtshoorn jaren lang in de kerk by de bedestonden en ook op den 25sten Desember 1899 by de inwyding van het orgel te Oudtshoorn, gebruikt en een bybeltje van mej. P.J. Delport. Daarna vond een collekte plaats. Des namiddags te een ure werden nog enige erven verkocht. Daarna gingen men weer naar de boomen en na het zingen van Ps. 146:3 sprak Ds. Barry een toepaslyk dankwoord, waarna br. Jurie Schoeman de gemeente uitnodigde lysten te teekenen voor het bouwen der kerk en pastorie, en zelf zyn naam voor een groote som nederzette, dat ook door velen gevolgd werden voor mindere sommen. Aangenaam was het de vrolyke eensgezinde stemming waar te nemen die er heerste. Er waren ruim 1 000 menschen byeen. Na een kort dienst door Ds. P. Stofberg waren de plechtigheden van den dag afgeloopen."
Die bouwerk het ongeveer twee jaar in beslag geneem en om een of ander rede het daar ook moeilikhede met die boumeester ontstaan. By geleentheid van 'n kerkraadsvergadering op 13 Augustus 1902, is met hom afgereken en is hy ontslaan. "Aan de kerkgebouw word nu door andere personen gearbeid en er zullen nog eenige honderden ponden nodig zyn om het werk te voltooyen, terwyl de kast nagenoeg ledig is." Die kerkbanke is intussen voltooi deur mnr. I.J. Alcock van Oudtshoorn teen 'n bedrag van £297 11s. 6d.
Eerste leraar duimnael|links|300px|De Rust se eerste kerkraad, 1902-1903. Op 29 November 1902 het die plegtige ordening en bevestiging van die eerste leraar van die gemeente, ds. J.G. Steytler, plaasgevind. Tot 1905 het hy hier gearbei. Tydens sy dienstyd is die pastorie gebou en ook die kerksaal, wat as skool diens gedoen het. Ds. Steytler, die oudste seun van mnr. F.P. Steytler, is op 2 Julie 1864 op Victoria-Wes gebore. Op elfjarige ouderdom het hy sy vader verloor en is sy moeder ter wille van haar sewe kinders se opvoeding na Stellenbosch. Hy het toe vir die eerste keer op skool gekom. Omdat sy moeder dit nie breed gehad het nie, moes hy op 17 uitspring om iets te verdien. Hy het op Reboksfontein, Fraserburg, gaan onderwys gee. Die volgende jaar is hy as assistent op Willowmore aangestel, waar hy twee jaar gebly het. In 1884 is hy as eerste onderwyser op Jansenville aangestel waar die getal op die rol net 17 was.