Die Boeing F/A-18E Super Hornet, en die verwante tweesitplek F/A-18F, is tweemotorige vliegdekskipbruikbare multirolvegvliegtuie gebaseer op die F/A-18 Hornet. Die F/A-18E enkelsitplek en F/A-18F tandemsitplekvariante is groter en meer gevorderde weergawes van die F/A-18C en D Hornet.
Die Super Hornet het 'n interne 20 mm M61 roterende kanon en kan lug-tot-lugmissiele en lug-tot-grondwapens dra. Bykomende brandstof kan in tot vyf eksterne brandstoftenks gedra word, en die vliegtuig kan ook as 'n lugtenkwa gekonfigureer word deur die toevoeging van 'n eksterne in-vlug-brandstofhervulstelsel. Die Super Hornet is ontwerp en aanvanklik deur McDonnell Douglas gebou, met sy nooiensvlug in 1995. Volle produksie van die vliegtuig het in September 1997 begin, net ná die samesmelting van McDonnell Douglas en Boeing die vorige maand.
Die Super Hornet is in aktiewe diens van die Amerikaanse Vloot sedert 1999, nadat dit die Grumman F-14 Tomcat vervang het, wat in 2006 onttrek is. Die Koninklike Australiese Lugmag (RAAF), wat die F/A-18A as sy hoofvegter bedryf sedert 1984, het die F/A-18F aangekoop in 2007 om sy verouderde F-111 vloot te vervang. Die Australiese Super Hornets is in diens gestel in Desember 2010.
Tegniese gegewens Lengte: 18,31 m Vlerkspan: 13,62 m Hoogte: 4,88 m Leë massa: 14 552 kg Maksimumsnelheid: Mach 1,8 Maksimum opstygmassa: 29 937 kg Reikafstand: 2 346 km plus twee AIM-9s Diensplafon: 15 000+ m (50 000+ vt) Enjins: 2 General Electric F414-GE-400 turbowaaierenjins Droë stukrag: 62,3 kN elk Stukrag met nabrander: 97,9 kN elk Brandstofkapasiteit: 6 354 kg (intern) plus 7 381 kg (ekstern)
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Verwysings
Kategorie:Boeing Kategorie:Vegvliegtuie