Die AIM-9 Sidewinder is 'n lug-tot-lug-missiel, 'n vuurpyl wat ontwerp is om vanaf een vliegtuig ander vliegtuie neer te skiet. Die AIM-9 Sidewinder is supersonies. Daar is 10 weergawes van die missiel en dit is een van die mees gebruikte wapens van die Amerikaanse Lugmag. Die Sidewinder is sedert 1959 in gebruik en die AIM-9 is 'n verbeterde weergawe daarvan.
Werking Die AIM-9 Sidewinder is 'n aansluitmissiel wat sy doelwitte soek met behulp van die hitte wat die teiken uitstraal. Omdat die son en die grond ook bronne van hitte is, is die missiel nie altyd ewe effektief nie. Hulle is ook vatbaar vir sogenaamde flares, magnesiumfakkels wat in 'n kort tyd baie hitte uitstraal en daardeur die missiel weglei van sy teiken.
Vooraan die missiel is 'n hittesoekende sensor wat die hitte van die teiken opspoor. Daaragter is die plofbare lading van gewoonlik 9.8 kg en agter dit is die vastebrandstofmotor.
Die missiel rig homself, dit wil sê as die missiel nog onder die vlerk van die vliegtuig sit, soek dit self sy teikens op. As die missiel 'n teiken gevind het, stuur dit outomaties 'n boodskap na die vlieënier wat dan die vuurknoppie kan druk om die missiel af te vuur vanaf die vegvliegtuig.
Galery
Spesifikasies duimnael|Lansering van 'n AIM-9M Sidewinder vanaf 'n F/A-18 Hornet duimnael|'n AC-130 wat fakkels afvuur Hooffunksie: Lug-tot-lugmissiel Motor: Hercules en Bermite Mk 36 Mod 71, 8 vaste vuurpylmotor Spoed: Mach 2.5 Bereik: 16 tot 30 km (afhangend van die hoogte) Lengte: 2.87 meter Wydte: 0.13 meter Spanwydte: 0.63 meter Plofstof: Skrapnelgranaat 12.5 kg plofstof vir die AIM-9H 9.8 kg plofstof vir die AIM-9L/M Massa: 85.5 kg Rigstelsel: infrarooi doelsoekende kop Bekendstelling: 1956 (AIM-1 sidewinder) Koste: VS$84 000
Die missiel kan onder verskillende vegvliegtuie gehang word, soos die General Dynamics F-16 Fighting Falcon en die F/A-18 Hornet, maar dit pas ook op bomwerpers soos die B-52 Stratofortress.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Wapentuig