Swiss International Air Lines AG (IATA: LX – ICAO: SWR; Roepsein: SWISS) is die vlagdraerlugredery van Switserland wat geskeduleerde dienste bedryf in Europa en vlieg na Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika en Asië. Sy belangrikste sentrum is Zürich Lughawe (ZRH). Die lugredery is gestig na die 2002-bankrotskap van Swissair, Switserland se voormalige vlagdraer.

Swiss is 'n lid van die Star Alliance. Dit is 'n filiaal van die Duitse lugrederygroep die Lufthansagroep, met sy hoofkwartier by Eurolughawe Basel-Mulhouse-Freiburg naby Basel, Switserland, en 'n kantoor op Zürich Lughawe in Kloten, Switserland. Die maatskappy se geregistreerde kantoor is in Basel."Impressum ." Swiss International Air Lines. Verkry op 22 Junie 2010.

Die lugredery gebruik die IATA-kode LX, wat dit van die Switserse plaaslike lugredery Crossair (Swissair se kode was SR) geërf het. Die ICAO-kode is SWR, van Swissair geërf (Crossair was CRX), ten einde internasionale vliegregte te behou.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye Kategorie:Switserse maatskappye Kategorie:Vervoer in Switserland