Thai Airways (Thai: บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)) (IATA: TG, ICAO: THA) is die vlagdraerlugredery van Thailand. Die lugredery is in 1988 gestig en sy hoofkwartier is in Vibhavadi Rangsitweg, Chatuchakdistrik, Bangkok. Dit bedryf hoofsaaklik vlugte uit Suvarnabhumi Lughawe. THAI is 'n stigterslid van die Star Alliance. Die lugredery is die grootste aandeelhouer van die laekosteredery Nok Air met 'n 49%-belang, en begin met 'n plaaslike draer onder die naam Thai Smile in die middel van 2012 met behulp van nuwe Airbus A320 vliegtuie.

Van sy middelpunt by Suvarnabhumi Lughawe, vlieg THAI na 40 internasionale bestemmings met 'n vloot van 46 vliegtuie. Die lugredery was eens die operateur van twee van die wêreld se langste ononderbroke roetes tussen Bangkok en Los Angeles en New York Stad, maar as gevolg van hoë brandstofpryse, die onttrekking van vliegtuie, bagasiebeperkings en stygende kaartjiepryse, het die lugredery alle ononderbroke Amerikaanse vlugte in 2012 onbepaald gestaak. Sedert 2013 word dienste tussen Bangkok en Los Angeles gediens via die Incheon Internasionale Lughawe naby Seoel. THAI se roetenetwerk word oorheers deur vlugte na Europa, Oos-Asië, en Suid/Suidwes-Asië, maar die lugredery besoek ook O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika en vyf stede in Oseanië. THAI was die eerste Asië-Stille Oseaan lugredery om die Londen-Heathrow Lughawe te bedien. Onder Asië-Stille Oseaan karweiers, het THAI een van die grootste passasiersbedrywighede in Europa.

Fotogalery

Vloot In November 2022 het die Thai Airways-vloot bestaan uit:Thai Airways Internasionale Vloot Verkry op 2023-01-10

<span style="color:Gold;">Vliegtuig <span style="color:Gold;">Diensbaar <span style="color:Gold;">Op bestelling <span style="color:Gold;">Passasiers <span style="color:Gold;">Notas <span style="color:Gold;">EK <span style="color:Gold;">BK <span style="color:Gold;">Eko <span style="color:Gold;">TotaalAirbus A330-3003—031263294Airbus A350-900121032289321Boeing 777-200ER6—030262292Boeing 777-300ER3—84025530314——42306348Sal in Royal First Class omskep wordBoeing 787-86—022234256Boeing 787-92——30268298 Thai VragvlootBoeing 747-400BCF2—<center>Geen sitplekkeOmgeboude passasiersvliegtuieTotaal481

Verwysings

Kategorie:Lugrederye Kategorie:Vervoer in Thailand