Dr. Ian Player (15 Maart 1927 - 30 November 2014) was 'n Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en die broer van die gholflegende Gary Player. Hy is bekend as die persoon wat die witrenosters in die 1950’s in KwaZulu-Natal van uitsterwing gered het. Player het op verskeie parkerade, insluitend SANParke, gedien. Hy het ook 'n aantal bewaringsorganisasies op die been gebring en 'n paar boeke geskryf.Natuurbewaarder Ian Player oorlede, Maroela Media, 30 November 2014
Player was die eerste wenner van die Dusi-kanowedvaart in 1951. Agt deelnemers het hieraan deelgeneem. Slegs Player kon die Dusi binne 6 dae voltooi. Dit was ten spyte daarvan dat ‘n nagadder hom vroeër gebyt het. Die kano wat hy gebruik het was van hout en borduurgaas gemaak en het 30 kilogram geweeg. Dit het natuurlik al sy voorraad vir die tog ingesluit.
Beknopte biografie Ian Cedric Audley Player is op 15 Maart 1927 in Johannesburg gebore. Hy is by die St. John's College opgevoed, waarna hy in die SAW se 6de Suid-Afrikaanse Pantserdivisie gedien het, wat van 1944 tot 1946 aan die Amerikaanse 5de Leër in Italië verbonde was.
Player het sy loopbaan as wildbewaarder in 1952 by die Natalse Parkeraad begin. Hier het hy hom op die bewaring van laaste suidelike witrenosters toegespits.
Hy het twee eredoktorsgrade ontvang: Eredoktor in die Filosofie, van die Universiteit van Natal (1984) Eredoktor in die Regte, van die Rhodes-universiteit (2003)
Hy is op 30 November 2014 na 'n kort siekbed in die Karkloof-vallei, KwaZulu-Natal oorlede. Hy laat sy vrou, Ann Player, twee seuns, Kenneth en Amyas, en een dogter, Jessica, agter.RIP Ian Player , besoek op 30 November 2014
Werke Van die boeke wat hy geskryf het: Men, Rivers and Canoes, 1964, White Rhino Saga, 1972, Big Game, 1972, ASIN: B0007BO5E4 Man and the Wilderness, 1986, ASIN: B0007BQ0FG Zululand Wilderness: Shadow and Soul, 1997,
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse natuurbewaarders Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2014