Kepler-186 is ’n hoofreeksster van spektraaltipe M1. Dis ’n rooidwergster sowat 492 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan. Dit is effens koeler as die Son met sowat die helfte van die Son se metaalinhoud. Dit het vyf bevestigde eksoplanete, onder meer die eerste aardgrootte-wêreld wat in die bewoonbare sone van ’n ster ontdek is: Kepler-186f. Kepler-186b, c, d en e is te naby aan die ster om vloeibare water op die oppervlak te hê.
Planetêre stelsel In Augustus 2013 is vermoed die ster het ’n planeetstelsel. Vier planete is in Februarie 2014 bevestig en die vyfde een in April 2014. Al vyf planete het vermoedelik rotsoppervlakke. Die kleinste een, Kepler-186b, is net 8% groter as die Aarde en die grootste een, Kepler-186d, amper 40% groter.
Die vier binneste planete het waarskynlik ’n sinchroniese rotasie, maar Kepler-186f is verder weg van die ster. Vanweë die stadige evolusie van rooidwerge kan die ouderdom van die Kepler-186-stelsel nie akkuraat bepaal word nie, maar dit is waarskynlik ’n paar miljard jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels Eerste moontlike bewoonbare planete , PHL
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe hoofreekssterre