Alfred Lyttelton (7 Februarie 1857 - 5 Julie 1913) was 'n Britse staatsman en minister van kolonies wat in Engeland gebore is. In 1903 word hy Minister van Kolonies. Hy was verantwoordelik vir die invoer van Chinese arbeiders na die Witwatersrand, desondanks groot protes. Hy het die eerste konsepvoorstel vir die Transvaalse grondwet onder die Kroonkoloniebewind in 1905 ingedien. Hy is in 1913 oorlede.
Die voorstad Lyttelton in Pretoria is na hom genoem.
Bron Eric Rosenthal: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, 1967.
Kategorie:Britse ministers Kategorie:Engelse krieketspelers Kategorie:Engelse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1913