Generaal Sir Neville Gerald Lyttelton (28 Oktober 1845 - 6 Julie 1931) was 'n Britse soldaat wat in Worcestershire, Engeland gebore is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy in bevel van die Fourth Brigade in die destydse Natal. Hy was betrokke tydens die Slag van Spioenkop. Daarna was hy betrokke by gevegte langs die Delagoabaai-spoorlyn en in Lydenburg. Van 1902 tot 1904 was hy opperbevelvoerder van die Britse Magte in Suid-Afrika en keer terug na Engeland om Generale Stafhoof te word (1904 - 1908). Hy is oorlede in 1931.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Britse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1845 Kategorie:Sterftes in 1931