Die Sterrekyker-garnaal (Mysidopsis zsilaveczi) is 'n klein rooi garnaal, tussen 10 en 15 mm lank, wat in Valsbaai ontdek is.Goeie nuus: Nuwe garnaalspesie ontdek, Maroela Media, 21 November 2014

Die spesie is in 2014 deur marinebioloë beskryf nadat 'n duiker, genaamd Guido Zsilavecz, 'n monster vir identifikasie na die Universiteit van Kaapstad geneem het. Emeritus prof. Charles Griffiths en die internasionale garnaal-deskundige, prof. Karl Wittmann het bevind dat dit 'n nuwe spesie is en hulle bevindinge in die joernaal, Crustaceana gepubliseer. Hulle het die spesie na die duiker vernoem.

Die garnaal word 'n "sterrekyker" genoem, aangesien dit lyk of sy oë permanent opwaarts kyk. Die groot "oë" het egter nie 'n pupil of iris nie. Hulle is eerder saamgestelde oë, soos dié van insekte, en bestaan uit baie eenvoudige elemente wat elk in 'n ander rigting kyk. Die doel van die ringe om die oë is moontlik om die oë groter te laat lyk en as afskrikmiddel vir roofdiere te dien.New stargazing shrimp discovered in False Bay , besoek op 21 November 2014

Verwysings

Kategorie:Garnale