Die koningsprotea (Protea cynaroides), ook bekend as die reuseprotea, koningsuikerbos of heuningpot, is 'n blom en die grootste lid van die Proteagenus en is deel van die fynbosbioom. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Gqeberha. Die struik het meer as een stam en word tot 2 m in deursnee en ook tot 2 m hoog. Dit blom regdeur die jaar.
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word deur die wind versprei en die plant is eenslagtig. Die aktiwiteite van voëls is verantwoordelik vir die bestuiwing. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0–1 500 m.
Nasionale embleem Die koningsprotea is die nasionale blom en sportembleem van Suid-Afrika en dit verskyn op die wapen van Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee en die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan vertoon dié nasionale blom in hul embleme. Laasgenoemde se bynaam Proteas is ook aan dié plant ontleen.
Fotogalery
Sien ook Lys van Nasionale Simbole van Suid-Afrika Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Inligtingsblad van die Suid-Afrikaanse Regering Die Protea Atlasprojek van die Nasionale Botaniese Instituut REDLIST Sanbi PlantZAfrica Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Struike Kategorie:Blomme Kategorie:Nasionale simbole van Suid-Afrika