Gent 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Vlag raam|senter|90x90px Land Gewes (deelstaat) 20px Vlaandere Provinsie 20px Oos-Vlaandere Koördinate Oppervlak: - Totaal 156,18 km2 Bevolking: - Totaal (1 Januarie 2019) 262 219 - Bevolkingsdigtheid 1 585/km2 Tydsone UTC +1 (MET) Burgemeester Mathias De Clercq (Open VLD) Amptelike Webwerf www.gent.be
Hierdie artikel handel oor ’n stad in België. Vir die stad in Nederland, sien gerus Gendt.
Gent (Afrikaans, Nederlands en Duits: Gent, Frans en Italiaans: Gand, Engels: Ghent) is die ou hoofstad van die graafskap Vlaandere (België) en geboorteplek van keiser Karel V wat ook hier grootgeword het. Vandag is Gent met sy sowat 262 219 inwoners (2019) die hoofstad van die provinsie Oos-Vlaandere en op twee na die grootste hawe van België. Gent het twee spoorwegstasies (Gent-Sint-Pieters en Gent-Dampoort) wat verbindings na Kortrijk, Brussel, Dendermonde, Mechelen, Lokeren en Antwerpen bied.
Die Universiteit van Gent het sowat 44 000 studente en 9 000 personeellede.
Geskiedenis duimnael|links|200px|Panden aan die oewers van die Leie in die ou sentrum Die stad is by die Leie se monding in die Skelde geleë. Gent het rondom twee kloosters gegroei wat in 630 n.C. gestig is. Die vroegste dokumente, waarin die stad vermeld word, dateer uit die 8ste eeu. Nadat Gent in die 9de eeu deur Normandiese aanvallers verwoes is, het die Grawe van Vlaandere, wat hier en in Brugge gesetel was, met die bou van versterkings begin.
Ingevoerde Engelse wol was die basis vir Gent se befaamde wolnywerheid en lakenwewerye wat van Gent een van die grootste en welvarendste stede noord van die Alpe gemaak het. Die nuwe kasteel, die Gravensteen wat in 1180 opgerig is, weerspieël die mag en invloed van die destydse Grawe. Die burgerlike grondwet van die stad het verseker dat die Vaderlike Raad van 39 die gesag oor alle stedelike aangeleenthede gehou het.
Besienswaardighede en vermaak duimnael|links|Die Gravensteen Die hawe met sy nywerheidsgebied strek in die noorde tot by die Nederlandse grens; die ou stadsentrum met sy middeleeuse Gravensteen (kasteel van die grawe van Vlaandere) en talle historiese geboue vorm 'n skerp kontras teen die nuwe voorstad. Saans word die geboue tot middernag feestelik verlig. Drie abdye, die Sint-Baafskatedraal, die Sint-Niklaaskerk, die Gildehuizen aan die Graslei, die historiese huise langs die Korenlei en 'n aantal museums lok besoekers, wat meer as een dag nodig het om 'n indruk van die pragtige argitektuur te kry.
In die laatsomer vind die bekende Festival van Vlaanderen plaas; toeriste kan konserte van internasionale gehalte in die middeleeuse omgewing van katedrale, abdye, die raadsaal en ander geboue geniet.
In die omgewing van Gent lok die statige kasteel van Laarne.
Museums Stedelijk Museum voor Actuele Kunst (SMAK) in die Citadelpark Museum Dr. Guislain Stadsmuseum Gent (STAM) in die Bijloke Museum voor Schone Kunsten (MSK) in die Citadelpark met skilderye van Jheronimus Bosch (Jeroen Bosch), Theodore Gericault, James Ensor en Ernst Ludwig Kirchner. Museum voor Stenen Voorwerpen (Sint-Baafsabdy) Museum voor Industriële Archeologie en Textiel (MIAT) Huis van Alijn Museum voor Gerechtsvoorwerpen en het Wapenmuseum in die kasteel Gravensteen Museum Arnold Vander Haeghen
Kookkuns Gent se bydraes tot die voortreflike Belgiese kookkuns is onder meer die Waterzooi van Gent ('n hoendergereg met groente), die Hutsepot (Frans Hochepot Gantois, 'n bredie met allerlei soorte vleis en groentes) en die Gentse Mokken (ronde koekies wat met meelblom en stroop gebak word).
Geboortes Keiser Karel V (1500 - 1558) Jacques Rogge (1942 - 2021), sportbeampte (IOK-voorsitter) en ortopediese chirurg
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Die Museum voor Schone Kunsten Webwerf van die Sint-Baafskathedraal in Gent
Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere Kategorie:Provinsiehoofstede van Vlaandere Kategorie:Stede in Vlaandere