Brussel • Bruxelles 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Gewes (deelstaat) 23px Brussel-Hoofstad Koördinate  Stigting 979 Oppervlakte:    - Totaal 32,61 vk km  Hoogte bo seevlak 15–100 m bo seespieël Bevolking:    - Stad Brussel (1 Januarie 2017) 174 272 SPF Intérieur: Chiffres de la population par province et par commune, à la date du 1er janvier 2017. Besoek op 5 Augustus 2017  - Bevolkingsdigtheid 5 344,1/vk km  - Brusselse Hoofstedelike Gewes 1 183 545 Tydsone UTC+1 (MET)  - Somertyd UTC+2 (MEST) Burgemeester (bourgmestre) Philippe Close (PS) Eerste Minister (Gewes) Rudi Vervoort (PS) Amptelike Webwerf brussels.irisnet.be

Brussel (Nederlands en Afrikaans: [ˈbrʏsəl], ; Frans: Bruxelles, [bʁysɛl], ; Duits: Brüssel; Engels: Brussels) is die hoofstad en politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van België met 'n oppervlakte van 32,61 vierkante kilometer en 'n bevolking van 168 230 (soos op 1 Januarie 2014) in die historiese kernstad wat as Stad Brussel (Ville de Bruxelles) bestuur word.

Saam met 18 ander nedersettings in sy omgewing vorm Brussel 'n metropolitaanse gebied met meer as 1,1 miljoen oorwegend Franssprekende inwoners wat van hierdie histories Nederlandssprekende stad tans een van die grootste Franssprekende agglomerasies buite Frankryk asook die mees noordelike stad van die Romaanse taal- en kultuurgebied in Europa maak. Vanweë sy rol as Belgiese hoofstad is Brussel nogtans amptelik tweetalig, waarby sommige openbare instellings ook Duitse benamings het. In meerdere opsigte word die kernstad en die munisipaliteite van die omliggende agglomerasie as 'n eenheid geadministreer. duimnael|links|Die Europa-gebou (Bâtiment Europa), setel van die Europese Raad en die Raad van die Europese Unie Die stad vervul sowel nasionale funksies as administratiewe hoofstad van die Gewes Brussel-Hoofstad (Brusselse Hoofstedelike Gewes of Région de Bruxelles-Capitale) en die Franse en Vlaamse Gemeenskappe van België, asook internasionale funksies as die administratiewe hoofstad van die Europese Unie, as die setel van 120 internasionale organisasies en 159 ambassades met meer as 2 500 diplomate, wat van Brussel die tweede belangrikste stad vir diplomatieke betrekkinge na Washington, D.C. maak. In 2009 was Brussel die wêreld se tweede belangrikste kongresstad ná Singapoer.

Brussel huisves ook die hoofkwartiere van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Sekretariaat-Generaal van die Benelux-Unie van België, Nederland en Luxemburg en sowat 1 400 nie-regeringsorganisasies (NRO's). Die stad word deur twee moderne lughawens bedien, Brussel-Nationaal in die Vlaamse voorstad Zaventem en Bruxelles-Sud ("Brussel-Suid") in Gosselies naby Charleroi.

Brussel beskik oor 'n markplein wat onder die mooistes ter wêreld gereken word (die Grand-Place of Groot Markplein van Brussel), tientalle musea en voorbeelde van historiese boustyle. Terselfdertyd is dit 'n stad wat steeds vernuwing ondergaan en daar is nou moderne stadswyke wat deur administratiewe en sakegeboue oorheers word.

Uitgestrekte parke en bosgebiede in die stad self en in die omgewing is rusplekke vir die besige Brusselaars. Besienswaardighede buitekant Brussel sluit die Forêt de Soignes ("Zoniënwoud") en die Koninklike Museum vir Sentraal-Afrika in Tervuren ('n oostelike Vlaamse voorstad), asook die dorpie Waterloo (in die provinsie Waals-Brabant) in, waar met die historiese slag van die jaar 1815 die tydperk van Napoleon Bonaparte tot 'n einde gekom het.

Etimologie Volgens die mees algemene teorie oor die oorsprong van die naam "Brussels" is dit ontleen aan die Oudnederlandse Bruocsella, Broekzele of Broeksel wat "moeras" beteken (bruoc / broek) en "tuis", "nedersetting" (sella / zele / sel), dus "nedersetting in die moeras". Vindicianus, biskop van Cambrai, het in 695 vir die eerste keer verwys na die plek as Brosella toe dit nog 'n gehug was. Al die name van die munisipaliteite rondom Brussel is ook van 'n Nederlandse oorsprong, behalwe vir Evere, wat moontlik van 'n Keltiese of Frankiese oorsprong is.

In Frans word Bruxelles uitgespreek as [bʁysɛl] (; die x word soos in Engels [s] uitspreek en die laaste s is stil) en in Nederlands word Brussel uitgespreek as [ˈbrʏsəl] (). In Frans word inwoners van Brussel Bruxellois ([bʁysɛlwa], ) genoem en in Nederlands Brusselaars ([ˈbrʏsəlaːrs], ). In die Brabantiese dialek van Brussel (bekend as Brussels en soms ook Marols of Marollies genoem), word hulle Brusseleers of Brusseleirs genoem.

Oorspronklik is die geskrewe x uitgespreek as [ks]. In die Belgiese Franse uitspraak het, soos in Nederlands, die k eindelik stil en z 'n s geword, soos dit in die Nederlandse spelling voorkom, terwyl in die meer behoudende Franse vorm die spelling nie verander is nie. . In Frans dateer die uitspraak [ks] slegs uit die 18de eeu, maar dié verandering het nie die tradisionele Brusselse gebruik beïnvloed nie. In Frankryk kan die uitsprake [bʁyksɛl] ( en [bʁyksɛlwa] (vir bruxellois) dikwels gehoor word, maar hulle is nogal skaars in België.

Geografie Die stad Brussel lê in die sentrum van België in die Brusselse Bekken tussen die Vlaamse Laagvlaktes en die Plato van Brabant teen 'n hoogte van tussen 15 en 100 meter bo seevlak. Die "sewe heuwels" waarop Brussel oorspronklik gebou is, is in die huidige stadsgebied, wat eerder as 'n golwende terrein beskou kan word, nouliks herkenbaar. Die bekendste heuwels is die Berg van die Kuns, Berg van die Justisie en Berg van die Barmhartigheid – hier het argitektoniese bakens ontstaan. Die golwende landskap en strate bied soms indrukwekkende uitsigte oor die stadsgebied.

duimnael|links|Chalet Robinson is temidde van 'n klein meer in die Bois de la Cambre (Ter Kamerenbos) op Robinsoneiland (Île Robinson) geleë. Die restaurant en brasserie, wat slegs per boot bereik kan word, is ná twee verwoestende brande in 2009 in sy oorspronklike argitektoniese glorie herstel duimnael|Die historiese stadskern Pentagone ("Vyfhoek") en sy kwartiere Ook die klein Zennerivier, wat die stad vanuit die suidweste in noordoostelike rigting deurvloei en vanaf die 11de eeu saam met sy takriviere en gragte as 'n belangrike waterweg gedien het, is in die 19de en 20ste eeu oorwelf en sodoende tot 'n onderaardse stroom omgeskep waarin Brussel se rou rioolwater beland het. Sommige van die kwartiere langs die Zenne het al in die 19de eeu bekend gestaan vir hul gebrek aan sanitasie en die gepaardgaande onhigiëniese toestande. 'n Doeltreffende water-rioleringstelsel en 'n nuwe watersuiweringsaanleg in Brussel-Noord, wat die Zenne se watergehalte sal verbeter, is eers teen die begin van die 21ste eeu geïnstalleer. Vanuit Anderlecht en die westelike stadsgrens met Molenbeek loop 'n seekanaal deur die stadsgebied wat Brussel met Charleroi en Antwerpen verbind.

In administratiewe opsig is Brussel eintlik net 'n stad in die Hoofstadgewes Brussel (Frans: Région de Bruxelles-Capitale, Nederlands: Brussels Hoofdstedelijk Gewest) met 'n oppervlakte van 32 vierkante kilometer, maar nogtans word meestal die tweetalige Hoofstadgewes met 'n oppervlakte van 161 kilometer en 'n hoë bevolkingsdigtheid bedoel wanneer 'n mens na "Brussel" verwys. Hierdie agglomerasie het 'n bevolking van meer as een miljoen en sy beboude gebied het lankal na die aangrensende Nederlandssprekende "randgemeentes" van die Vlaamse Gewes uitgebrei om 'n metropolitaanse gebied met 'n oppervlakte van 520 vierkante kilometer en 1,4 miljoen inwoners te vorm. Brussel maak daarnaas ook deel uit van 'n groter Belgiese metropolitaanse gebied (agglomération de Bruxelles) in die driehoek tussen Brussel, Gent en Antwerpen met 'n bevolking van 4,4 miljoen.

Die stad Brussel behels die historiese stadsentrum met Bo- en Benedestad, die noordelike stadsgebiede Haren, Laken, Neder-Over-Heembeek en die bosgebied Ter Kamerenbos. Die Hoofstadgewes is in 19 administratiewe eenhede verdeel wat oorspronklik selfstandige munisipaliteite was en nog steeds oor hul eie stadsrade, hospitale, polisiekommissarisse en ander munisipale instellings beskik.

Die nuwe rol van Brussel as hoofstad van die Koninkryk België en die vinnige industrialisering van die land het in die 19de eeu tot 'n grootskaalse migrasie van Wale en Franse na die voormalige voorstede van Brussel gelei. Die beboude gebiede het tot by die munisipale grense uitgebrei, en uiteindelik het die nedersettings rondom die historiese Brusselse stadskern (Pentagone of "Vyfhoek") tot 'n stedelike konglomeraat saamgesmelt. Behalwe vir 'n aantal dorpe en stede, wat volgens koninklike dekrete by die stad Brussel ingelyf is, het die voorstede hul selfregerende status steeds gehandhaaf.

Klimaat

Geskiedenis Vroeë en Middeleeuse geskiedenis duimnael|Die gotiese katedraal van Brussel Die naam Brussel is 'n samestelling van die Oud-Nederlandse woord bruoc ("broek" of "moeras") en sella ("saal" (huis))

Volgens legende is Brussel in die 7de eeu deur die heilige Gérald, biskop van Cambrai, op 'n eiland in die Sennerivier gestig.

Die stad Bruocsella word vir die eerste keer in 'n dokument uit die jaar 966 genoem. In 977 het hertog Karel van Nederlotaringe 'n kapel en 'n burg op 'n eiland in die Senne laat oprig.

Sedert die 12de eeu is Brussel die woonplek van die Brabantse hertoë en 'n sentrum van die middeleeuse lakennywerheid. Die vesting van Brussel het as beskerming van die ou handelsroete tussen Brugge en Keulen gedien. Die stad is in die 12de eeu aansienlik vergroot en gedurende die 14de eeu is die verskillende stadswyke deur 'n gemeenskaplike stadsmuur verenig.

In die jaar 1383 is die hoofstad van die Hertogdom Leuven na Brussel verskuif. Alhoewel 'n groot aantal adellikes en amptenare van die hof hulle in die stad gevestig het, is Brussel nog steeds deur burgerlikes – die koopmansgildes – geregeer. Sedert 1421 het ook ambagsmanne lede van die stadsraad geword. Brussel het die hoogtepunt van sy ontwikkeling onder die heerskappy van die Hertoë van Boergondië beleef en het as die hoofstad van die Nederlande gefungeer. Die Groot Markplein (Grand-Place) met die statige Stadhuis en sy gildehuise het die trotse simbool van die plaaslike bestuur geword. Danksy die hof van die hertoë het Brussel ook tot 'n belangrike sentrum van die renaissance in die noordelike deel van Europa ontwikkel. Met sowat 45 000 inwoners teen 1455 was Brussel een van die grootste stede in Europa.

Tydens die 16de eeu was Brussel die sentrum van die Nederlandse opstand teen die Spaanse heerskappy. Op 10 Maart 1585 het Brussel gekapituleer en is deur Spaanse troepe onder bevel van Alessandro Farnese, hertog van Parma en stadhouer van die Nederlande, ingeneem. Brussel het nou as hoofstad van die Habsburgse Nederlande gefungeer.

Hoofstad van België duimnael|Rue des Bouchers ("Slagterstraat") – 'n mekka vir fynproewers Die stigting van die onafhanklike Koninkryk België in 1831 is ondanks die sterk Nederlandse invloed op Vlaandere en die Franse invloed op Wallonië deur die meeste Belgiërs nie bevraagteken nie – die geskiedkundige ontwikkeling het 'n sterk samehorigheidsgevoel onder sy inwoners gekweek. Tot en met 1792 het Vlaandere en Wallonië deel uitgemaak van die Habsburgse Ryk en het daarna onder Franse bewind gekom. In 1815 jaar het die twee landsdele met die noordelike buurland Nederland tot die nuutgestigte Koninkryk Nederland saamgesmelt, waarby Den Haag en Brussel om die beurt as regeringsetel gedien het. Hierdie reëling het op 'n kompromis berus – met die ekonomiese opswaai in Vlaandere en veral Wallonië vanaf die Napoleontiese tydperk het die suidelike landsdele 'n sterk drang vir selfregering ontwikkel.

Op 25 Augustus 1830 het die suide se nasionale gevoelens tydens die opvoering van die rewolusionêre opera La Muette de Portici ("Die Stomme van Portici") skielik uitgebars en uitgemond in 'n ope rebellie wat die aanleiding tot België se vryheidsstryd gegee het.