Die Suid-Afrikaanse Klas KM 0-6-0+0-6-0 van 1904 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die pre-Unie era in die Transvaal.
In 1904 het die Sentraal Suid-Afrikaanse Spoorweë 'n enkele eksperimentele 0-6-0+0-6-0 Kitson-Meyer tipe stoomlokomotief in diens geplaas, as Klas M. In 1912, toe die lokomotief oorgeneem is deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë is dit hernommer en herklassifiseer as Klas KM.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine