__NOTOC__
Die Timbavatirivier is 'n regtersytak van die Olifantsrivier in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier vloei ook etlike kilometer deur Limpopo, en ontspring aan die buitewyke van Acornhoek naby die grens tussen dié provinsies. Hier ontspring ook die Klaserie en bolope van die Sandrivier. Die Timbavati vloei ooswaarts deur die Andover-natuurreservaat en Timbavati-wildreservaat en daarna noordooswaarts deur die Krugerwildtuin.
Dit vloei die Krugerwildtuin binne aangrensend aan Maroelawoonwakamp, () net noord van Orpenruskamp. Die Tamboti-tentkamp is ook digby voorgenoemde kampe op die regteroewer geleë. Die H-7 en S39 is goeie wildbesigtingsroetes wat al met die kronkelende rivier langs loop tot naby die samevloeiing met die Olifantsrivier.
Die ryk wildlewe van hierdie area word toegeskryf aan 'n strook voedingsryke soetgrasveld, wat op sy beurt te danke is aan die mineraalryke en waterhoudende gabbro-substraat.Game Drive from Orpen Gate to the Central Grasslands, krugerpark.co.za Die Roodewal-boskamp is naby die samevloeiing met die Shisakashanghondo-sytak aangelê. Benewens klein damme in die bolope te Acornhoek is daar ook die Piet Groblerdam langs die S39-roete. Masalakoppie (500 m) in die wildtuin is die enigste heuwelagtigheid in die rivier se opvanggebied.
Sytakke Hlangeni Ka-Nwatimfenhe Ka-Nwatinhlarhu Loubserspruit Mshatu Nyangane Ngwamutsatsa Phelwanaspruit Sandspruit Shisakashanghondo Stokkiespruit
Monding Regter/suidekant van die Olifantsrivier in die Krugerwildtuin
Galery
Sien ook Luvubu and Letaba Water Management Area
Verwysings
Eksterne skakel Google-kaart van die Timbavatirivier se samevloei by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo) Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Krugerwildtuin