Die Suid-Afrikaanse Klas GO 4-8-2+2-8-4 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief uit die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era. Dit was die laaste nuwe stoomlokomotiefsoort wat deur die Spoorweë aangekoop is, hierna het diesel en elektriese trekkrag die toneel oorgeneem.
Vervaardiger
Die Klas GO 4-8-2+2-8-4 Garrattlokomotief was ontwerp om op ligter spore te werk. Die ontwerp is in 1952 onder toesig van L.C. Grubb, die Hoofmeganiese ingenieur van die SAR 1949-1954, voltooi. 'n Bestelling vir vyf-en-twintig van hierdie lokomotiewe is by Henschel & Son in Duitsland geplaas, wat onmiddellik gevolg het op die Klas GMA Garratt wat deur dieselfde vervaardiger gebou is. Hulle is in 1953 gebou en is gelewer en in diens geplaas in 1954, genommer in die reeks 2572-2596.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine