Die Klas GM Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op 60-pond spoorlyne. Sestien van die lokomotiewe is gebou deur Beyer, Peacock and Company en afgelewer van 1938 tot 1939. Die Klas GM kon 10.2 ton steenkool en 7 300 l (1 600 gelling) water dra en was toegerus met Walschaerts-klepratwerk.
Ontwerp Teen 1938 het die vinnigtoenemende verkeer op die lyn van Johannesburg via Krugersdorp en Zeerust na Mafikeng gelei tot die ontwerp van 'n Garratt-stoomlokomotief wat gelyk sou wees aan twee Klas 19D-lokomotiewe, deur W.A.J. Day, hoofmeganiese ingenieur van die Suid-Afrikaanse Spoorweë van 1936 tot 1939. Die aanvanklike ontwerp van die Klas GM is deur die Siviele Hoofingenieur verwerp omrede die gewig op die voorste en agterste onderstel die aanvaarbare beperking van 60 pond per tree (30 kilogram per meter) spoor ver oorskry het.
Om dit te bowe te kom, is die waterkapasiteit van die voorste watertenk verminder tot 7 300 liter, terwyl die agterste bunker herontwerp is om geen water te dra nie, met 'n steenkoolkapasiteit van 10 ton. Die karige water, wat eintlik net genoeg was vir rangeerdoeleindes, is toe aangevul deur 'n semi-permanentgekoppelde, spesiaal geboude tipe X-17 hulptenkwa met 'n 31 000 liter vermoë, om die lokomotief van genoeg water op lang, moeilike trajekte te voorsien.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine