Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oeigoers.

Die Oeigoere (Oeigoers: ئۇيغۇر, Уйғур, Uyghur, [ʔʊjˈʁʊː]; Chinees: 维吾尔族, Pinyin: Wéiwúěr zú) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan Sentraal-Asië. Hulle woon hoofsaaklik in Xinjiang, 'n "outonome" provinsie van die Volksrepubliek China. Hulle is aan ander Turkiese volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys.

duimnael|links|Vlag van Oos-Turkestan en die Oeigoere, Kök Bayraq ("blou banier") duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Xinjiang, Volksrepubliek China duimnael|links|Verspreiding van taalfamilies in Xinjiang, Volksrepubliek China duimnael|links|Oeigoeriese kinders in die historiese middestad van Hotan Wêreldwyd leef omtrent 20 miljoen Oeigoere, waarvan tussen 10 en 15 miljoen in Xinjiang. In die Volksrepubliek China behoort die Oeigoere tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Kasakke, Oesbeke en Kirgisiërs. Oeigoere is naas Han-Chinese, Zhuang, Hui-Chinese en Mantsjoes die vyfde grootste etniese groep in die Volksrepubliek China. Nes Hui-Chinese is Oeigoere een van die grootste groep Moslems in die Volksrepubliek China.

Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.

Daar is diasporagemeenskappe van Oeigoere in Pakistan, Kasakstan, Kirgisië, Mongolië, Oesbekistan, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Turkye; asook 'n kleiner een in Taoyuan in die Hunan-provinsie van China. Oeigoerse woonbuurte kan in die groot Chinese stede soos Beijing en Sjanghai gevind word. Daar is ook klein, maar aktiewe Oeigoerse gemeenskappe in die Verenigde State van Amerika, veral in Los Angeles, San Francisco, New York en Washington, D.C.; sowel as Toronto en Vancouver in Kanada.

Verwysings

Eksterne skakels

The Uygur ethnic minority – Chinese regeringswebwerf Verspreiding van etniese groepe in China

Kategorie:Etniese groepe in die Volksrepubliek China Kategorie:Turkiese volke Kategorie:Xinjiang