Die Klas MC1 Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu. Vyftien lokomotiewe is in diens gestel in 1914 om swaar vragte op die KwaZulu-Natal hooflyn te trek.
Klas MC1 is dieselfde lokomotief as Klas MC maar is toegerus met superverhitters wat hulle vermoë aansienlik verbeter het. Daar is 12 lokomotiewe toegerus met Walschaerts-klepratwerk gebou deur die Britse maatskappy North British Locomotive Company in 1914, en genommer in die reeks 1634 - 1648. Hulle het diens gedoen op die KwaZulu-Natal hooflyn, Kaapse Middellande en die Hexrivier-spoorwegpas.
Die lokomotiewe is in 1939 uit diens gestel.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine