Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het 'n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies. Die Zoeloekrygers, onder Koning Dingaan se regering, is aangevoer deur Dambuza (Nzobo) en Ndlela.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Geskiedenis duimnael|links|Die ingang tot die Bloedrivierterrein met die monument in die agtergrond Op 15 Desember 1838 het die Voortrekkers inligting verkry dat 'n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het 'n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in 'n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers 'n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle 'n kerk sal bou en die dag as 'n sabbat herdenk en hulle kinders van die dag sal vertel.

Die Zoeloes het die laer herhaaldelik onsuksesvol aangeval totdat Pretorius ná twee uur 'n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling het Pretorius ook 'n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen.

Ten spyte van die feit dat die Voortrekkers vuurwapens teen die Zoeloes se assegaaie gebruik het en 'n goeie ligging gehad het, het hulle steeds geglo dat hulle nie sonder God se hulp sou kon oorleef nie. By ander veldslae het die Britse weermag met duisende opgeleide soldate met selfs beter vuurwapens teen die Zoeloes geveg en het die meeste Britse soldate in die geveg gesneuwel. Uiteindelik is slegs drie Voortrekkers gewond en geen dood nie; dít teenoor meer as 3 000 Zoeloekrygers wat gesterf het. 16 Desember is 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika; voor 1994 was dit as Geloftedag bekend, en tans as Versoeningsdag.

Kulturele erfenis duimnael|links|Die plakket in die middel van die laer met die gelofte wat die Voortrekkers onder leiding van Sarel Cilliers afgelê het. Die Bloedrivier-slagveld, Plaas Vechtkop 168, Utrecht-distrik, is 'n provinsiale erfenisterrein, en word in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999) beskerm.Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap – "Item: 78065", afgelaai 18 Mei 2012 Op die terrein is 'n replika van die laer wat in koper uitgevoer is, asook 'n ossewa van graniet. Die museum op die terrein het 'n aandenkingwinkel.

Die slag is in die Suid-Afrikaanse epos, Bou van 'n Nasie (1938), verfilm.

Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier

duimnael|Monument voor die museum. duimnael|'n Rekonstruksie van hoe die toneel moontlik sou lyk (opgerig in 1971 en onthul op 16 Desember 1971). Hier volg 'n lys van die aanvoerders by die Slag van Bloedrivier:

Hoofkommandant Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus

Assistent-Hoofkommandant Landman, Karel Pieter

Kommandante Jacobs, Pieter Daniel De Lange, Johan Hendrik (Hans Dons) Potgieter, Jacobus (Koos) Erasmus, Stephanus Uys, Jacobus Johannes Meyer, Lucas Johannes

Laerkommandante Pretorius, Albertus (ook kannonnier) Erasmus, Lourens Moolman, Piet (Rooi Piet) Fronemann, Christoffel Cornelis

duimnael|Slag diagram.Veldkornette Steyn, Johannes C. Viljoen, Gert Pretorius, Hercules Albertus (Bart) Van Staden, Gert Lombard, Stephanus Scheepers, Jan Fourie, Hermanus Cowie, William Labuschagne, Casper Joubert, Jan (ook kanonnier)

Liggings

Bloedrivier-slagveld: Piet Retief se graf (Moordkoppie): Dingaan se kraal (uMgungundlovu):

Galery

Sien ook Die Gelofte Geloftedag Slag van die Opatikloof, 11 dae later.

Bronne le Roux, Francette: Slagveldroete in Noord-Natal. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 35, nr. 4, Julie/Augustus 1990. ISSN 0491-4783 Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, hersiene uitgawe, deur Cameron & Spies. Human & Rousseau, 1991.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf vir die Bloedrivier Gelofteherdenkingskomitee Webwerf: My Volk, die Trekpad van 'n Nasie

Kategorie:Erfenishulpbronne in Suid-Afrika

Bloedrivier