duimnael|Die baai by San Sebastián, Spanje

'n Landhoof is 'n strook land wat aan drie kante deur water omring is. 'n Baai of golf is die teenoorgestelde: 'n strook water wat deur land aan drie kante omring is. Groot landhoofde kan ook as skiereilande bekend staan, en lang, nou en hoë landhoofde as uitsteeksels of punte. Wanneer landhoofde die seestrome dramaties affekteer word hulle gereeld kape genoem.

'n Paar bekende landhoofde Afrika Kaap Agulhas in Suid-Afrika Kaap die Goeie Hoop in Suid-Afrika Midde-Ooste Haifa in Israel Noord-Amerika Kaap Canaveral in Florida, VSA Suid-Amerika Kaap Froward in Chili Kaap Hoorn in Chili

'n Paar bekende baaie Afrika Algoabaai by Gqeberha (voorheen Port Elizabeth), Suid-Afrika Valsbaai en Houtbaai by Kaapstad, Suid-Afrika Maputobaai (voorheen Delagoabaai) in Mosambiek Mosselbaai, Boggomsbaai, Danabaai, Struisbaai, Vleesbaai Richardsbaai, Kosibaai Grand-Baie, toeristestrand in Mauritius Amerikas Golf van Meksiko (die grootse baai in die wêreld) Asië Golf van Bengale, naby Bengale (Indië/Bangladesj) Manilabaai op Luzoneiland in die Filippyne Persiese Golf tussen Saudi Arabië, Kuweit, Irak en Iran Rooisee

'n Paar golwe wat eintlik seestrate is: Golf van Oman Golf van Aden

Eksterne skakels GeoResources   diagramme van landhoof- en baaivorming

* Kategorie:Skiereilande