Tanoetamoen (ook bekend as Tantamani en Tanutamun) was ’n farao van die Nubiese 25ste Dinastie van Antieke Egipte en koning van Koesj. Sy praenomen was Bakare, wat beteken "Glorieryk is die Siel van Ra".Peter A. Clayton, Chronicle of the Pharaohs: The Reign-by-Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt, Thames and Hudson, Londen, 1994. p.190

Hy was die seun van koning Sjabaka en die nefie van sy voorganger, Taharqa.Aidan Dodson & Dyan Hilton. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson, 2004,

Bewind Nadat die Assiriërs Necho I as koning aangewys en Egipte verlaat het, het Tanoetamoen van Nubië af met die Nylrivier langs marsjeer en die hele land herbeset, insluitende Memphis. Necho I is in die veldtog dood. Die Assiriërs het na Egipte teruggekeer, Tanoetamoen se magte in die Delta verslaan en so ver suid as Thebe opgeruk, wat hulle geplunder het. Hulle het so die Nubiese heerskappy oor Egipte effektief beëindig, hoewel Tanoetamoen se gesag nog in Bo-Egipte erken is tot sy agtste bewindsjaar, 656 v.C., toe Psamtik I se vloot vreedsaam beheer oor Thebe oorgeneem en Egipte herenig het.

Tanoetamoen het daarna oor Koesj regeer tot met sy dood in 653 v.C.. Hy is in dié land opgevolg deur ’n seun van Taharqa.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 7de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 653 v.C. Kategorie:Koesj