Batis is 'n genus van sangvoëls wat aan die familie Platysteiridae behoort. Hierdie spesies kom in Afrika suid van die Sahara voor.
Hulle is klein, stewige insekvretende voëls wat meestal in oop woude of bosse voorkom. Die nes is netjies en word laag in 'n boom of bos gebou. Hulle vang insekte in vlug, maar jag ook soms insekte van die grond af.
Hulle het 'n tipiese trippel fluit, in dalende toonhoogte.
Spesies Die genus omvat die volgende spesies:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2013). IOC World Bird Names (weergawe 3.4). Batis capensis (Kaapse bosbontrokkie) Batis crypta Batis diops Batis erlangeri Batis fratrum (Woodwardse bosbontrokkie) Batis ituriensis Batis margaritae Batis minima Batis minor Batis minulla Batis mixta Batis molitor (Witliesbosbontrokkie) Batis orientalis Batis perkeo Batis poensis Batis pririt (Priritbosbontrokkie) Batis reichenowi Batis senegalensis Batis soror (Mosambiekbosbontrokkie)
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Sangvoëls Kategorie:Bosbontrokkies