Seqenenre Tao (ook bekend as Ta'a II) was ’n farao van die 17de Dinastie van Antieke Egipte. Hy het tydens die Tweede Oorgangstydperk oor die laaste plaaslike ryke van die Thebaanse streek regeer.

Die presiese datum van sy regering is onbekend, maar hy kon aan die bewind gekom het óf in die dekade wat in 1560 v.C. geëindig het óf in 1558 v.C. (gebaseer op die moontlike troonbestyging van sy seun, Ahmoses I, die eerste farao van die 18de Dinastie).

Seqenenre Tao het begin met stappe om die Hyksos uit die Nyldelta te verdryf, wat deur Ahmoses voltooi is.

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte