Ahmoses I was ’n farao van Antieke Egipte en die stigter van die 18de Dinastie. Hy was lid van die Thebaanse koningshuis: die seun van farao Seqenenre Tao en die broer van die laaste koning van die 17de Dinastie, Kamose. Tydens die bewind van sy pa of oupa het Thebe in opstand gekom teen die heerskappy van die Hyksos, die heersers van Benede-Egipte. Toe hy sewe jaar oud was, is sy pa vermoor,Shaw, Ian. The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press, 2000. , bl. 199. en hy was omtrent tien toe sy broer ná ’n bewind van net drie jaar aan onbekende oorsake dood is.
Bewind Ná die dood van sy broer het Ahmoses farao geword.Grimal, Nicolas. A History of Ancient Egypt. Librairie Arthéme Fayard, 1988. , bl. 192. Hy het die Hyksos verslaan en uit die Nyldelta verdryf, die Thebaanse bewind oor die hele Egipte herstel en die Egiptiese mag hervestig in die voormalige Egiptiese gebiede Nubië en Kanaän.Grimal, Nicolas. A History of Ancient Egypt. Librairie Arthéme Fayard, 1988. , bl. 192 Hierna het hy die land se administrasie gereorganiseer, steengroewe heropen, myn- en handelsroetes herstel en enorme bouprojekte begin aanpak waarvan die omvang laas in die Middelryk gesien is. Hy het onder meer die laaste piramide deur ’n plaaslike farao laat bou.
Ahmoses se bewind het die fondamenst gelê vir die Nuwe Ryk, waartydens Egiptiese mag ’n hoogtepunt bereik het.
Verwysings
Eksterne skakels Ahmose URL besoek op 19 Julie 2006. King of the Wild Frontier URL besoek op 23 Augustus 2006
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Geboortes in 1560 v.C. Kategorie:Sterftes in 1525 v.C.