Apalis is 'n genus van sangvoëls in die familie Cisticolidae. Hierdie voëltjies kom in woude, bosveld en struikgewasse oor die meeste dele van Sub-Sahara Afrika voor. Hulle het lang sterte en 'n lang snawel waarmee hulle insekte vang. Hulle is tipies bruin, grys of groen bo en verskeie spesies het 'n helderkleurige onderkant. Mannetjies en wyfies is gewoonlik soortgelyk in voorkoms, maar die mannetjies vertoon soms helderder kleure.

Spesies Die volgende spesies behoort aan die genus:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2013). IOC World Bird Names (weergawe 3.5). Apalis alticola Apalis argentea Apalis bamendae Apalis binotata Apalis chapini Apalis chariessa Apalis chirindensis (Gryskleinjantjie) Apalis cinerea Apalis flavida (Geelborskleinjantjie) Apalis flavigularis Apalis fuscigularis Apalis goslingi Apalis jacksoni Apalis kaboboensis Apalis karamojae Apalis lynesi Apalis melanocephala (Swartkopkleinjantjie) Apalis nigriceps Apalis personata Apalis porphyrolaema Apalis ruddi (Ruddse kleinjantjie) Apalis rufogularis Apalis sharpii Apalis thoracica (Bandkeelkleinjantjie)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls