Die Saab JAS 39 Gripen (Engels: Griffin) is 'n ligte, enkelmotorige multirolvegvliegtuig wat deur die Sweedse maatskappy Saab vervaardig word. Dit is ontwerp om die Saab 35 Draken en 37 Viggen in die Sweedse Lugmag ("Flygvapnet") te vervang. Die Gripen het 'n deltavlerk en kanardopset met ontspanne stabiliteitsontwerp en elektroniese vlugbeheer. Dit word aangedryf deur die Volvo RM12, en het 'n topsnelheid van Mach 2. Latere vliegtuie is gewysig vir NAVO-uitruilbaarheid en ook vir invlug-brandstofaanvulling.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vegter aanvanklik vir opleiding ontplooi by die Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria. Dit is tans operasioneel in 2 Eskader te Makhado Lugmagbasis naby Louis Trichardt, Limpopo.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Verwysings

Kategorie:Vegvliegtuie