Gebeure Rome is in oorlog met sy Italiese bondgenote. L. Iulius Caesar word konsul. Hy gebruik 10 000 Galliese en Numidiese hulptroepe vir sy veldtog in Campanië. Prokonsul Sex. Iulius Caesar verslaan die Paeligni en dood 8 000 van die 20 000 opstandelinge. Scato beleër Aesernia in Samnium. In Rome word die lex Iulia de Civitate Latinis Danda aangeneem, wat burgerregte aan bondgenote aanbied wat nie teen Rome in opstand gekom het nie.The Social War, 91 to 88 BCE: A History of the Italian Insurgency Against the Roman Republic, , Routledge, 2016, ,
Geboortes Aulus Hirtius, Romeinse politikus en geskiedkundige († 43 v.C.) Diodorus Siculus, Griekse geskiedkundige (waarskynlike datum)
Sterftes Dionysios Trax, Griekse taalkundige (b. 170 v.C.) Antiochus X Eusebes, koning van die Seleukidiese Ryk (geraamde datum) Sīmǎ Qiān (司馬遷 / 司马迁) – Sjinese geskiedkundige (geraamde datum)
Verwysings