Klas ES is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir rangeerwerk. Dit is 'n Bo-Bo (Bo-Bo: twee 2-wiel draaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom elektrisiteit.

Die ontwerp is in 1935 deur die Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H, A.G. Watson, voltooi. Dit moes seker een van die lelikste lokomotiefontwerpe ooit gewees het, maar was opmerkend weens sy plat voor-en agterkante en 'n verhoogde drywerskajuit in die middel, ideaal vir rangeerwerk. Die eerste twee lokomotiewe is deur die SASH se werkswinkels in Pietermaritzburg gebou en in diens gestel in 1936. 'n Verdere 10 is in diens gestel in 1938.

Vanaf 1938 tot 1964 is 'n verdere twaalf bestel by Metropolitan Vickers and Company, die latere AEI. Die traksiemotors en draaistelle is uitruilbaar met Klas 1E en die lokomotief se maksimum veilige snelheid is 40 km/h. Hulle het diens gedoen in KwaZulu-Natal en Transvaal totdat hulle uit diens onttrek is en vervang is met die Klas 8E.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine