Klas 11E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word. Dit is 'n Co-Co-ontwerp (twee driewieldraaistelle met traksiemotors op elke as). Die lokomotief benodig 25 kV wisselstroom toevoer. Hierdie lokomotiewe is ontwerp om op die Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek diens te doen.

Dit was die kragtigste lokomotief ten tye van bestelling met 'n aanhoudende lading van 3 900 kW teenoor die 3 690 kW van die Klas 9E. Vier eenhede trek 200 trokke vol steenkool met 'n totale vrag van 21 000 ton. Die lokomotiewe beskik slegs oor een kajuit omrede meer as een op 'n slag gebruik word. Op hierdie trajek moet die volgelaaide treine steil afdraandes bemeester, derhalwe beskik die lokomotiewe ook oor 4 500 kW se elektriese reostaatremvermoë.

Die lokomotiewe is deur Electromotive division of General Motors gebou. ASEA van Swede het ook van die elektriese toerusting verskaf.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine