Thetford Mines is 'n nedersetting in die Chaudière-Appalaches-gebied van Quebec, Oos-Kanada, met sowat 16 600 (agglomerasie: 25 700) inwoners (2006). Dit is vernoem na die stad Thetford in die Engelse graafskap Norfolk.

Thetford Mines lê in die Appalagge-bergreeks en aan die Bécancourrivier, sowat 106 kilometer suid van Quebecstad en staan bekend vir sy asbesmynbou. 'n Mineralogiese museum behandel die geskiedenis van die asbesmynbou.

Thetford Mines het in 2001 met die buurdorpe Black Lake, Robertsonville, Pontbriand en Thetford-Sud saamgesmelt.

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van Thetford Mines

Kategorie:Nedersettings in Quebec