Krakatoa (Indonesies: Krakatau) is 'n aktiewe vulkaan in Indonesië tussen die eilande Java en Sumatra in die Straat van Soenda. Die vulkaan is veral bekend as gevolg van sy ongekende swaar uitbarsting in 1883.

duimnael|links|Die uitbarsting van 1883 'n Indonesiese sultan se geskrifte wat bewaar gebly het vertel hoe 'n uitbarsting in die jaar 535 die eilande Sumatra en Java verdeel het, en dus aanvanklik een eiland was. Hierdie uitbarsting was moontlik die oorsaak van die uiterste weerstoestande in die jare 535 tot 536. Were the Dark Ages Triggered by Volcano-Related Climate Changes in the 6th Century? Los Alamos National Laboratory

In 1927 is 'n nuwe eiland, Anak Krakatau, of "Kind van Krakatoa", van die kaldera wat deur die uitbarsting in 1883 gelaat is, asook die huidige ligging van vulkaniese aktiwiteit gevorm.

Die Ujung Kulon Nasionale Park is saam met Krakatoa in 1991 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

Lees ook Laki Jaar sonder somer

Eksterne skakels

Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Berge van Asië Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Vulkane Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Asië