Ptolemeus IV Philopator (bewind: 221–205 v.C.) was die vierde koning van Antieke Egipte se Ptolemeïese Ryk. Hy was die seun van Ptolemeus III Euergetes en sy vrou, Berenike II, en het in 221 v.C. aan die bewind gekom. Hy was met Arsinoe III getroud.
Die verval van die Ptolemeïese Ryk het tydens sy bewind begin. Hy is deur ander mans en vroue oorheers wat regeer het nes hulle wou. Eiebelang het sy ministers daartoe gelei om invalle van buite af te keer en die noordelike grense vir die res van Ptolemeus se bewind vas te stel.
Philopator was geneig tot orgastiese vorms van godsdiens en letterkundige liefhebbery, en het ’n tempel vir Homeros laat bou. Hy is omstreeks 220 v.C. getroud met sy suster, Arsinoe III, maar is oorheers deur sy minnares, Agathoclea.
Bronne
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Geboortes in 244 v.C. Kategorie:Mense in die 3de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 205 v.C.