Trafalgar is 'n kusoorddorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp lê in die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Ugu-distriksmunisipaliteit ressorteer. In 2011 het hier 400 mense gewoon.

Dit is op die noordoewer van die Mpenjatirivier geleë wat in die Indiese Oseaan uitmond by die Mpenjati-natuurreservaat. Die strand by Mpenjati-natuurreservaat word al jare lank deur naturiste gebruik.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal