Hor-Aha (ook bekend as Aha en Horus-Aha) word beskou as die tweede Egiptiese farao van die 1ste Dinastie. Hy het tydens die 31ste eeu v.C. geleef en het vermoedelik ’n lang bewind gehad.
Identiteit Naam Vir die 1ste Dinastie word die Horusnaam, ’n deel van koninklike name wat met die god Horus verbind word, in argeologiese rekords gebruik, terwyl die historiese koningslyste ’n alternatiewe naam, die Nebtynaam, gebruik. Die name is dikwels saam gebruik, maar baiekeer apart.Lloyd 1994: 7 Die naam Hor-Aha is die farao se Horusnaam. ’n Meer volledige vorm is Horus-Aha, wat "Horus die Vegter" beteken.
Die meeste Egiptoloë volg die bevindings van Petrie dat Hor-Aha (argeologies) se Nebtynaam Ity (histories) was.Edwards 1971: 13Cervelló-Autuori 2003: 174
Dieselfde proses het gelei tot die verbinding van die Nebtynaam Menes met die Horusnaam Narmer, en daar word geglo dit is dieselfde persoon wat die eerste farao van die 1ste Dinastie was, en dus die voorganger van Hor-Aha.
Teorieë Daar is ’n effense omstredenheid oor Hor-Aha. SommigeStephan Seidlmayer, The Rise of the State to the Second Dynasty, in Egypt: The World of the Pharaohs, 2004 (vertaal uit Duits, 2010), glo hy is dieselfde persoon as die legendariese Menes en dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het. Ander dink hy was die seun van Narmer, wat ook Menes genoem is en wat Egipte verenig het. Daar word egter algemeen aanvaar dat Narmer die farao is wat Egipte verenig het en dat Hor-Aha sy seun en erfgenaam was.
Bewind Volgens die Egiptiese historikus Manetho het Hor-Aha op sowat 30 farao geword en het hy 60 jaar lank regeer. Dit lyk of hy baie godsdienstige bedrywighede gehad het. ’n Besoek aan ’n altaar van die godin Neith is op verskeie tablette uit sy bewind aangeteken.W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, Taf. X,2; XI,2 Die altaar was in die Nyldelta by die stad Saïs.Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 291 Daar is ook melding gemaak van die god Seker op ’n tablet wat uit sy bewind dateer.Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 301
Inskripsies uit die grakelders van Hor-Aha en Neithhotep dui daarop dat die koningin tydens sy bewind dood is. Hy het haar in ’n manjifieke mastaba laat begrawe wat deur Jacques de Morgan opgegrawe is.De Morgan Recherches sur les origines de l'Egypte II. Ethnographie préhistorique et tombeau royal de Negadah Sy was moontlik Hor-Aha se ma.Silke Roth: Die Königsmütter des Alten Ägypten von der Frühzeit bis zum Ende der 12. Dynastie. Wiesbaden 2001, S. 31–35
’n Inskripsie op ’n ivoortablet van Abydos dui daarop dat Hor-Aha ’n veldtog teen die Nubiërs gelei het. ’n Sekere jaar op ’n tablet word spesifiek genoem die "Jaar waarin Ta-Sety (Nubië) verslaan is".W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, Taf. XI,1
Dit lyk of handel met die Suid-Levant tydens sy bewind afgeneem het. Anders as sy voorganger se naam, word syne nie genoem buite die Nylvallei nie.
Familie duimnael|190px|Hor-Aha se grafkelder bestaan uit die drie kamers B10, B15 en B19 (inlas). B14 kon die grafkelder van Benerib gewees het. Hor-Aha se hoofvrou was Benerib, wie se naam op ’n paar historiese stukke saam met syne verskyn, spesifiek in grafkelder B14 by Abydos.Aidan Dodson & Dyan Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt, Thames & Hudson (2004), p.46Walter Bryan Emery: Ägypten – Geschichte und Kultur der Frühzeit. S. 47f.Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 70 Dié grafkelder is reg langs Hor-Aha s'n.Dodson & Hilton, p.46 Hy het ook ’n ander vrou, Chenthap, gehad by wie hy die seun Djer gehad het. Sy word genoem as Djer se ma op die Kaïro-annalesteen.
Grafkelder Hor-Aha se grafkelder is in die dodeakker by Abydos bekend as Umm el-Qa'ab. Dit bevat drie groot kamers, B10, B15 en B19, wat reg langs Narmer se grafkelder is.W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, S. 7–8, Taf. LIXWerner Kaiser: Einige Bemerkungen zur ägyptischen Frühzeit, in: Zeitschrift für Ägyptische Sprache und Altertumskunde 91 (1964), 86–124, en 96–102
’n Treffende aspek van sy grafkelder is dat lede van sy huishouding saam met hom begrawe is. Dit is onduidelik of hulle vermoor is of selfmoord gepleeg het. Van dié mense is bediendes, dwerge en vroue. Selfs honde is saam met hom begrawe.
Verwysings
Bronne . .
Toby A. H. Wilkinson, Early Dynastic Egypt, Routledge, London/New York 1999, , 70-71 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:31ste eeu v.C. Kategorie:Farao's van Egipte