Sphyrna is 'n genus van haaie in die familie van hamerkophaaie (Sphyrnidae). Die genus omvat 8 spesies wat reg oor die wêreld se oseane voorkom. Drie van hierdie spesies word langs die Suid-Afrikaanse kus aangetref.
Hierdie spesies word aan die kop wat soos 'n hamer lyk uitgeken. Hulle oë is weerskante van hul 'hamerkoppe'. Hulle het vyf kieusplete en kom tot op dieptes van 300 m voor. Groothamerkoppe kan gevaarlik vir mense wees, maar hulle is oënskynlik immuun teen die gif van pylsterte.
Spesies Sphyrna corona Springer, 1940 Sphyrna couardi Cadenat, 1951 Sphyrna lewini (Griffith et Smith, 1834) - Skulprandhamerkophaai Sphyrna media Springer, 1940 Sphyrna mokarran (Rüppell, 1837) - Groothamerkophaai Sphyrna tiburo (Linnaeus, 1758) Sphyrna tudes (Valenciennes, 1822) Sphyrna zygaena (Linnaeus, 1758) - Gladde hamerkophaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Haaie