Djer word beskou as die derde Egiptiese farao van die 1ste Dinastie. Hy het omstreeks die middel van die 31ste eeu v.C. geleef en sowat 40 jaar lank regeer. ’n Gemummifiseerde voorarm van Djer of sy vrou is deur Flinders Petrie ontdek,W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties, 1901, Part II, London 1901, p.16-17 maar dit is deur Emile Brugsch verwerp.Salima Ikram and Aidan Dodson, The Mummy in Ancient Egypt: Equipping the Dead for Eternity, Thames & Hudson, 1998, p. 109

Naam duimnael|links|135px|Iti, die cartouchenaam van Djer. Die Abydos-koningslys noem Iti as die derde farao van Egipte se 1ste Dinastie, en op die Turynse Koningslys, wat op dié plek beskadig is, begin die naam met It... Die Egiptiese historikus Manetho noem hom Athothis.

Bewind Die bewyse vir Djer se lewe en bewind is:Koning Djer uit digitalegypt. ’n Grafkelder by Umm el-Qa'ab, Abydos Seelafdrukke van grafte 2185 en 3471 in Saqqara Inskripsies in grafte 3503, 3506 en 3035 in Saqqara Seelinskripsies van HelwanSaad 1947: 165; Saad 1969: 82, pl. 94 Pot van Toerah met die naam DjerKaiser 1964: 103, fig.3 UC 16182 ivoortablet van Abydos UC 16172, kopergereedskap met Djer se naamtomb 461 in Abydos, Petrie 1925: pl. III.1, IV.8 Inskripsie van sy naam by Wadi Halfa, Soedan

Manetho het beweer Athothes, wat soms as Djer geïdentifiseer word, het ’n verhandeling oor anatomie geskryf wat in sy eie tyd, meer as 2 000 jaar later, steeds bestaan het.

Familie duimnael|100px|Klipvaas met die naam Djer (Nasionale Argeologiese Museum, Frankryk). Djer was ’n seun van farao Hor-Aha en sy vrou Chenthap. Sy oupa was waarskynlik Narmer en sy ouma Neithhotep. Djer was die pa van Merneith, die vrou van Djet en die ma van Den.

Grafkelder Nes sy pa, Hor-Aha, is Djer by Umm el-Qa'ab, Abydos, begrawe. Sy grafkelder is Petrie se grafkelder O. Dit bevat die oorskot van 318 volgelinge wat saam met hom begrawe is.Thomas Kühn: Die Königsgräber der 1. & 2. Dynastie in Abydos. In: Kemet. Uitg. 1, 2008. Verskeie voorwerpe is in en om die grafkelder gevind:B. Porter en R.L.B. Moss. Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Reliefs, and Paintings, V. Upper Egypt: Sites. Oxford, 1937

’n Stele van Djer, nou in die Kaïro-museum, moontlik van Abydos. Etikette met die naam van ’n paleis en van Meritneith. Vaasskerwe met die naam Neithhotep. Armbande van ’n koningin in die grafkelder se muur.

In die satelliet-grafkelders is nog voorwerpe gevind: Steles van verskeie individue. Ivooritems met die naam Neithhotep. Ivoortablette.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:31ste eeu v.C. Kategorie:Farao's van Egipte