Teti (ook bekend as Merienptah en Othoes) was die eerste Egiptiese farao van die 6de Dinastie van die Ou Ryk. Hy het 12 jaar lank regeer.

Familie Teti het verskeie vroue gehad. Onder hulle is: Koningin Ipoet, waarskynlik die dogter van farao Oenas, die laaste koning van die 5de Dinastie. Sy was die ma van Pepi I. Koningin Choeit, wat die ma van Oeserkare kon gewees het.Miroslav Verner, The Pyramids,1994

Hy het ook verskeie kinders gehad, onder andere minstens drie seuns en moontlik tien dogters.N. Kanawati, Mereruka and King Teti. The Power behind the Throne, 2007 Twee van die seuns was Pepi I en Oeserkare.

Bewind Tydens Teti se bewind het belangrike offisiere begin om grafmonumente te bou wat amper net so groot soos dié van die farao was. Sy raadgewer Mereroeka het ’n mastaba by Saqqara laat bou wat uit 33 ryklik versierde kamers bestaan het; dit was die grootste bekende grafkelder van enige Egiptiese edelman.Christine Hobson, Exploring the World of the Pharaohs, Thames & Hudson Ltd., 1997. p.85 Dit word beskou as ’n teken dat Egipte se rykdom verskuif het van die sentrale hof na die amptenare.

Volgens Manetho is Teti in ’n harem-sameswering deur sy paleiswagte doodgemaak, maar hy is dalk deur Oeserkare vermoor in ’n magsoorname. Hy is in sy piramide by Saqqara begrawe.

Piramide duimnael|200px|Die ruïnes van Teti se piramide by Saqqara. duimnael|200px|Piramidetekste in die piramide. Teti se piramide het gladde sye en is die tweede bekende piramide met piramidetekste. Daar is ook drie satelliet-piramides en ’n dodetempel in die kompleks. Die piramide is in 1882 oopgemaak en van 1907 tot 1965 is uitgrawings daar gedoen. Die oorspronklike naam was "Teti se Plekke is Blywend". Die deel bo die grond is in ’n swak toestand en lyk nou soos ’n klein heuwel, maar die ondergrondse kamers en gange het goed bewaar gebly.

Derde satelliet-piramide Koningin Sesjesjet was Teti se ma. Sy het ’n groot rol gespeel in sy troonbestyging en in die versoening van twee strydende partye in die koninklike familie. Die laaste piramide wat in Egipte ontdek is, in 2008, was vermoedelik hare. Die ontdekking is op 11 November 2008 bekend gemaak deur Zahi Hawass, sekretaris-generaal van die Egiptiese Opperraad van Oudhede. Dit is die volledigste satelliet-piramide by Saqqara en was aanvanlik 14 m hoog, met sye van 22 m lank.ph.news.yahoo.com, 4,300-year-old pyramid discovered in Egyptafrica.reuters.com, Egypt says has found pyramid built for ancient queen

Verwysings

Eksterne skakels Die Suid-Saqqara-steen: Annale van die 6de Dinastie BBC, in foto's: Nuwe piramide ontdek

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in die 24ste eeu v.C.