Ibn Sina of Avicenna (Latyn), voluit Abu Ali Al-Hoessein Ibn Abdoellah Ibn Sina (980 - 1037), was ’n Islamitiese medikus, geoloog, paleontoloog, natuurkundige, sielkundige, wiskundige, wetenskaplike en filosoof van Persiese afkoms. Hy het groot bydraes gelewer op die gebied van Aristoteles-filosofie en die geneeskunde, en het honderde verhandelings geskryf, waarvan sowat die helfte nog bestaan. Van dié werke konsentreer sowat 150 op filosofie en 40 op geneeskunde.
Sy bekendste werke is Die Boek van Heling, ’n omvattende filosofiese en wetenskaplike ensiklopedie, en Die Kanon van die Geneeskunde, wat in die Middeleeue die standaardhandleiding was aan baie universiteite.
Avicenna word beskou as een van die beroemdste en invloedrykste kenners uit die Islamitiese Goue Era.
Verwysings
Kategorie:Filosowe Kategorie:Geboortes in 980 Kategorie:Sterftes in 1037