duimnael|links|’n 18de-eeuse portret van Maimonides uit die Thesaurus antiquitatum sacrarum deur Blaisio Ugolino. Maimonides, ook bekend as die Rambam (Hebreeus: Rabbi Mosjé ben Maimon; Arabies: Moesa ibn Maimon) (Córdoba, Spanje, 1135 of 1138 – Fustat, Kaïro, 12 Desember 1204) was ’n belangrike Joodse filosoof en sterrekundige,Maimonides: Abū ʿImrān Mūsā [Moses] ibn ʿUbayd Allāh [Maymūn] al‐Qurṭubī en een van die invloedrykste Tora-geleerdes en doktersA Biographical and Historiographical Critique of Moses MaimonidesMoses Maimonides: medieval physician and scholar Maimonides's medicine van die Middeleeue. Hy is in Córdoba in die hedendaagse Spanje gebore en is op 12 Desember 1204 in Kaïro oorlede. Hy was ’n rabbi, dokter en filosoof in Marokko en Egipte.
Hoewel sy werk oor Joodse wette en etiek groot lof ingepalm het van die meeste Jode, tot in Irak en Jemen, het hy ook kritiek gekry, veral uit Spanje. Hy is egter ná sy dood geëer as een van die grootste regsgeleerdes en filosowe van die Joodse geskiedenis. Sy talle werke is hoog aangeslaan deur Joodse geleerdes en sy Mishneh Torah van 14 volumes het steeds groot gesag as ’n kodifisering van Talmoed-wette.
Verwysings
Kategorie:Egiptiese Jode Kategorie:Marokkaanse Jode Kategorie:Spaanse Jode Kategorie:Filosowe Kategorie:Geneeskundiges Kategorie:Rabbi's Kategorie:Joods-Spaanse geskiedenis Kategorie:Geboortes in 1135 Kategorie:Sterftes in 1204