28 Eskader SALM is die mediumvervoer-eskader van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Die eskader gebruik die Lockheed C-130 Hercules-vragvliegtuig en is op Lugmagbasis Waterkloof gehuisves.
LEUSE: Portamus (“Ons dra”)
Geskiedenis
28 Eskader se wapen op verskillende datums en vliegtuie AANTEKENINGE
Foto 1
Dit is hoe die eskaderwapen op 15 Mei 1992 op Transall reeksnommer 332 gelyk het.
Foto 2
Hierdie foto van 28 Eskader se wapen op Hercules reeksnommer 405 is op 31 Augustus 2000 op Waterkloof geneem.
Foto 3
Die laesigweergawe van die 28 Eskader-wapen word op 21 September 2004 tydens Africa Aerospace and Defence op die C-130BZ Hercules met die reeksnommer 406 gesien.
1940’s 28 Eskader is op 1 Junie 1943 by die SALM-basiskamp by Almaza gestig toe die oorblyfsels van Nommer 34 en Nommer 35 Kusvlug amptelik geabsorbeer is. Die eenheid is met Avro Ansons vir oorlogsdiens toegerus. Hierdie vliegtuie is vir troepedraerdoeleindes met Vickers Wellingtons aangevul. Die eerste Douglas Dakota-skroefvliegtuie het op 29 Julie 1943 deel van die eskader geword. Dit sou die eenheid se standaard vliegtuig word. Ná die aankoms van die Dakotas het 28 Eskader begin om ’n vervoerfunksie te vervul. Die Ansons is in April 1944 onttrek. Twee Beech Expediters het vir kommunikasievlugte in Februarie 1945 by die eskader aangesluit.
In die Unie van Suid-Afrika was 28 Eskader aanvanklik by Lugmagstasie Zwartkop gebaseer. Vanaf 18 Junie 1946 is die eenheid in ’n Dakota-vlug, ’n BBP-vlug, ’n Kommunikasievlug en ’n B-34 Ventura-vlug verdeel en steeds by Zwarkop gehuisves. Die eenheid is op 21 Augustus 1946 as No. 28 Transporteskader herbenoem.
28 Eskader het Uniewyd weeklike pendelvlugte onderneem. Die eskader het op 28 Desember 1948 afleweringsbemannings na die Verenigde Koninkryk gevlieg sodat die SALM se nege De Havilland DH104 C.Mk.1 Devons afgehaal kan word. Hierdie vliegtuie het in twee groepe in Februarie en Maart 1949 in Suid-Afrika aangekom. Die Devons is onder andere gebruik om kabinetsministers en SALM-offisiere te vervoer en twee is as lugambulanse ingerig. Die eskader het ook ’n vlug bestaande uit Dakota- en PV-1 Ventura-BBP-vliegtuie bedryf.
1950’s 28 Eskader het teen 1950 ’n verskeidenheid funksies vervul. Die eenheid het gereelde en ongereelde pendelvlugte in Suid-Afrika, nasionale en internasionale BBP-vlugte onderneem, ’n lugambulansdiens gelewer, vlieëniers en navigators opgelei en, nadat 12 Eskader gesluit is, in noordelike Natal aan die Lugmag se veldtog teen die tsetsevlieg deelgeneem. Die eenheid het in November 1950 Avro Ansons en drie Sikorsky S-51-helikopters van 12 Eskader geërf.
In Maart 1952 het die eskader 14 Dakotas, sewe Venturas, drie Devons, drie Harvards en een Sikorsky S-51 op sy boeke gehad. Die getal vliegtuie het gewissel namate Venturas na die kus-eskaders oorgeplaas is en nog ’n vliegtuigtipe is deur die eenheid in gebruik geneem. Twee De Havilland DH114 Heron 2’s het in Oktober 1955 aangekom (hulle het die reeksnommers 120 en 121 gehad). 28 Eskader het die Vickers Viscount met die reeksnommer 150 in November 1958 in ontvangs geneem. Hierdie masjien is gebruik om die goewerneur-generaal van die Unie, die Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika en verskeie buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs te vervoer. duimnael|Die Douglas C-47 met die reeksnommer 6832 van 28 Eskader het in die 1950’s die eenheidkode OD en individuele letter K gehad. Die Dakotas en Ansons van 28 Eskader het van 1946 tot 1959 kodeletters gehad. Dit was ingevolge instruksies wat kragtens ’n Lugstafinstruksie wat op 12 November 1946 uitgereik is. “OD” was die eenheidkode en dan het elke vliegtuig ’n individuele letter gehad. Die Dakotas van 28 Eskader het swart kodeletters op aluminiumverf gehad. Die volgende kodeletters was op die volgende Dakotas van 28 Eskader:
OD-A 6843 OD-D 6854 OD-K 6832 OD-M 6834 OD-N 6835
1960’s
Die onttrekking en verhuising van vliegtuigtipes Die Devons en Herons is in die vroeë 1960’s aan diens onttrek en die Viscount is in Februarie 1968 na 21 Eskader oorgeplaas. Die eenheid het die Ventura vaarwel toegeroep toe Ventura 6487 op 27 September 1960 ’n laaste vertoonvlug gelewer het. Die Dakotas is na ander eenhede oorgeplaas.
Die aankoms van die C-130B’s en C-160Z’s duimnael|Aanvanklike kleurskema van die SALM se Transall-vliegtuie: oranje-wit-en-blou vlag, Springbokkasteel, naam S.A. Lugmag en volle reeksnommer. Die Suid-Afrikaanse Lugmag het in 1963 die eerste van sewe Lockheed C-130B Hercules-vliegtuie in ontvangs geneem. Die eerste vyf het op 16 Januarie 1963 by Waterkloof aangekom en die laaste twee op 7 Maart 1963. Die reeksnommers 401 tot 407 is aan hierdie vliegtuie toegeken en hulle is deur 28 Eskader bedryf. As logistieke ondersteuningsvliegtuig het die Hercules take soos die aflewering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se grondtoerusting by Luanda, Ilha do Sal, Las Palmas en Lissabon onderneem. Verdere gebruike van hierdie transportvliegtuig het ingesluit om die eerste twee groepe Buccaneers in 1965 op hulle afleweringsvlug in 1965 te begelei en die vervoer van Mirage III’s na Suid-Afrika vanaf April 1963 asook Mirage F1CZ’s en F1AZ’s vanaf Maart 1975. Die tipe het ook aan die Bosoorlog deelgeneem en het soek-en-reddings-missies uitgevoer, soos om in 1975 na die Girasol te soek. duimnael|Transall C-160Z reeksnommer 337 word in ’n tipese kleurskema van die 1970’s gesien, met volledige merke, wat die 28 Eskader-wapen onder die stuurkajuit insluit. Die C-160 Transall is vanaf Julie 1969 tot Desember 1970 aan die SALM afgelewer en is, anders as die Hercules, oor medium afstande gebruik. Die groter vragruim van die C-160Z kon groot vragte hanteer. Tydens die Bosoorlog is die Transall vir transport- asook valskermspringtake gebruik. ’n Bekende operasie wat deur SALM-Transall-vliegtuie onderneem is, was die redding van die bemanning van die Deense skip die Pep Ice, wat op die Bassas da India-rif gestrand het. Drie Transall-vliegtuie is gebruik, een het ’n uitmekaargehaalde Puma-helikopter vervoer, een het ondersteuningstoerusting gekarwei en die derde is vir die vervoer van die geredde matrose gebruik. Nommers in die reeks 331 tot 339 is aan die C-160Z’s toegeken.
1970's
1980's geen|duimnael|Transall 333 word in ’n tipiese Grensoorlogskema gesien – geen nasionale merke of eenheidwapen of volledige reeksnommer nie. Die datum is 2 Mei 1987 en die plek is Lugmagbasis Waterkloof.
LAPES-demonstrasie op 1 Augustus 1988 by Lugmagbasis Waterkloof ’n Hercules van 28 Eskader het op 1 Augustus 1988 tydens ’n lugskou die stelsel gedemonstreer waarvolgens vrag op ’n lae hoogte met valskerms uit ’n vliegtuig getrek word.
1990's geen|duimnael|C-160Z Transall 332 op 28 November 1992 te Mmabatho Internasionale Lughawe
Transall aan diens onttrek Die C-160Z's is op 31 Desember 1992 aan diens onttrek (nie 337 ingesluit nie). Die Transall met die reeksnommer 337 is in Januarie 1993 aan diens onttrek en op 14 Mei 1993 aan die SALM-museum oorhandig.
Transall-vliegtuig aan die SALM-museum oorhandig
Vliegtuie in die 1990's gesien Hercules reeksnommer 403 is op 15 Mei 1993 gesien in ’n spesiale kleurskema wat 30 jaar van SALM-Hercules-diens en 50 jaar van die bestaan van 28 Eskader vier.
Toekenning van die kontrak om die C-130B’s op te gradeer Die SALM het Projek Ebb van stapel gestuur om die Lockheed C-130B Hercules-vliegtuie op te gradeer. Dit was bedoel om die struktuur en die avionika-toerusting van die C-130B’s te verbeter en op te gradeer. Die verbeterde vliegtuie sou as die C-130BZ bekendstaan en die kontrak vir die werk is op 4 Desember 1996 aan Marshall’s Aerospace van die Verenigde Koninkryk toegeken. Die eerste twee SALM-C-130B’s wat opgegradeer is, was nommers 407 en 408. Die SALM het die twee vliegtuie op 24 Julie 2001 formeel by Marshall se plek in Cambridge in ontvangs geneem. Die derde vliegtuig, nommer 409, is in September 2001 aan die SALM herafgelewer Nadat vertragings daarna met die opgraderingsprogram ontstaan het, het Denel Aviation die opgraderingswerk van die res van die C-130B’s oorgeneem (Denel was 'n subkontrakteur vir Marshall's Aerospace). As deel van die opgradering van die SALM se C-130B’s na die C-130BZ-standaard is die vliegtuie in ’n grys kleurskema oorgeverf (sien die foto's van reeksnommers 405 en 409 hieronder).
Hercules-transportvliegtuie wat deur die Verenigde State geskenk is Die VSA het vyf Hercules-vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugmag geskenk. Die eerste twee ex-Amerikaanse vliegtuie is op 18 Desember 1996 amptelik by Lugmagbasis Waterkloof aan die SALM oorhandig. Die eerste twee vliegtuie was C-130F’s (vliegtuie van die VSA-vloot; hulle BuNos was 149787 en 149793 en die SALM-reeksnommers 410 en 411 is onderskeidelik aan hulle toegeken). Die twee C-130F’s het op 13 Desember 1996 op Waterkloof aangekom. Die ex-Amerikaanse vliegtuie was van 408 tot 412 in die SALM genommer.
2000 tot 2014
Viering van die SALM se 80ste jaar en vliegtuie in 2000 en 2002 Die SALM was 80 jaar oud op 1 Februarie 2000 en het, benewens die lugskoue wat gehou is om hierdie geleentheid te vier, 28 Eskader se Hercules met die reeksnommer 405 in ’n spesiale kleurskema geverf om hierdie verjaardag te herdenk. Die woorde en syfers “SOUTH AFRICAN AIR FORCE 1920 – 2000” het op die boonste deel van die voorromp verskyn en daar was ’n groot 80 met die SALM-arend-en-leuse op die stertvin. Nommer 405 is in Augustus 2000 by Waterkloof te sien.
Die Hercules is in 2003 40 jaar in SALM-diens/28 Eskader 60 in 2003
Die SALM het C-130BZ 408 en C-130BZ 401 van 28 Eskader in ’n spesiale skema versier om die 40-jarige bestaan van die Hercules in die SALM en die 60-jarige bestaan van 28 Eskader te herdenk. Die spesiale merke het uit ’n spesiale 28 Eskader-wapen en die bewoording “40 YEARS SAAF HERCS” bestaan.
President Thabo Mbeki se inhuldiging op 27 April 2004 en vliegtuig in 2004 Thabo Mbeki is op 27 April 2004 vir die tweede keer as Suid-Afrika se President ingehuldig, en tydens hierdie geleentheid het verskillende SALM-vliegtuie aan formasieverbyvlugte oor Pretoria deelgeneem. Die Lockheed C-130BZ Hercules-vliegtuie met die reeksnommers 401 en 407 was in een van die formasies.
Die SALM vier sy 90ste bestaansjaar Die SALM het in 2010 sy 90ste bestaansjaar gevier, en ter ere van hierdie geleentheid is die Lockheed C-130BZ met die reeksnommer 406 met ’n spesiale logo versier. geen|duimnael|C-130BZ 406 op 13 Augustus 2010 met spesiale logo te Swartkop
20 jaar van vryheid word herdenk ’n Spesiale logo ter herdenking van die demokratiese verkiesings wat in 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het, is in 2014 op C-130BZ reeksnommer 402 aangebring. Die syfers en woorde “20 Years of Freedom” en “SOUTH AFRICA 1994 – 2014“ was op die stertvin van die masjien te sien. geen|duimnael|Lockheed C-130BZ 402 op 19 September 2014 te Swartkop met die spesiale logo
Gestoorde vliegtuie in September 2014 Die Lockheed C-130BZ Hercules-vliegtuie van 28 Eskader het struktuurprobleme ondervind, en drie van die eenheid se vliegtuie is op 20 September 2014 in die oopte by Waterkloof gestoor. Die reeksnommers van die vliegtuie was 404, 407 en 411. Sommige van die onderdele is van die vliegtuie verwyder. geen|duimnael|C-130BZ’s reeksnommers 404, 407 en 411 op 20 September 2014 te Waterkloof
Algemene aantekeninge Groot gedeeltes van die teks in die geskiedenisdeel van die artikel is op die volgende bronne gegrond:
"LAPES" is 'n Engelse akroniem wat vir "low-altitude parachute extraction system" staan.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse Lugmag