Lourens Adriaanse (gebore op 5 Februarie 1988 in Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat op vaskopstut vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Sharks in Superrugby speel.
Loopbaan Adriaanse is in Kaapstad gebore en het vir die Westelike Provinsie se jeugspanne gespeel. Hy verteenwoordig Maties in die Varsitybeker in 2009 en 2010, voordat hy na die Griekwas vertrek vir die 2011-seisoen. Sy plaaslike opgang bereik 'n hoogtepunt met sy insluiting in die Cheetahs Superrugbyspan en hy maak sy debuut in 'n wedstryd teen die Reds in Brisbane.
Aan die begin van die 2014-seisoen sluit hy by die Sharks aan. Hy word ingesluit in hul span vir die 2014 Superrugbyseisoen en maak sy debuut vir die Sharks in 'n 31-16 oorwinning oor die Bulls in Durban.
Internasionale loopbaan Adriaanse word opgeroep vir die Springbokspan vir die 2013 mid-jaar toetse teen Italië, Skotland en Samoa, maar hy het nie in enige van die wedstryde gespeel nie. Hy maak uiteindelik sy Springbokdebuut in 'n toets teen Frankryk op 23 November 2013 in Parys.
Verwysings
Eksterne skakels SA rugby profiel itsrugby.co.uk profiel Adriaanse by www.genslin.us/bokke
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Alumni van Paarl-gimnasium