2 Eskader SALM is 'n aktiewe eskader van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), is die gevegseskader van die SALM en gebruik die JAS39 Gripen-straalvliegtuig. Die eenheid is by die Lugmagbasis Makhado naby Louis Trichardt, Limpopo gestasioneer.
LEUSE: Sursum Prorsusque (“Opwaarts en Voorwaarts”)
Geskiedenis 2 Eskader is in Januarie 1939 by Lugmagbasis Waterkloof gevorm.
Tweede Wêreldoorlog tot 1950 links|duimnael|Bewaarde Spitfire Mk IX reeksnommer PV260 met kodeletters DB-P 2 Eskader het gedurende en ná die Tweede Wêreldoorlog Spitfire IX’s gebruik. Die kodeletters van die eenheid was “DB”. Ná die oorlog is die eenheidskodeletters “DB” kragtens ’n Lugstafinstruksie wat op 12 November 1946 uitgereik is aan die Spitfires van 2 Eskader toegeken. ’n Voorbeeld van ‘n vliegtuig met hierdie kodeletters ná 1945 was Spitfire Merk IX reeksnommer 5543 (DB-A). Teen 1950 is die kodeletters nie meer gebruik nie.
Koreaanse Oorlog, 1950 tot 1953 2 Eskader het die North American F-51D Mustang by Lugmagbasis Johnson naby Tokio in ontvangs geneem. Die meeste van hulle was voorheen by USAF Air National Guard-eenhede. Tagtig van hulle is aanvanklik vir diens in Korea toegewys. Die Vlieënde Tiere het op 19 November 1950 hulle eerste operasie onderneem en het op 27 Desember 1952 hulle laaste Mustang-krygsvlug in Korea onderneem/gevlieg.
Die F-51D Mustang met die SALM-reeksnommer 361 was voorheen USAF 44-74863, is op 21 September 1951 afgelewer, het op 22 Oktober 1952 neergestort en het die naam Miss Marunouchi gehad. Die vlieënier van die masjien was Tweede Luitenant BM Forsyth.
2 Eskader het gedurende die Koreaanse Oorlog 22 North American F-86F Sabres bedryf. Die eerste straler, ’n leenvliegtuig, is in Januarie 1953 aan 2 Eskader afgelewer, en die laaste F-86 is in Oktober 1953 aan die USAF terugbesorg. Die straalvegvliegtuie was van 601 tot 622 genommer. North American F-86F Sabre reeksnommer 603 het die kodeletter B en die naam Ruth II gehad en was voorheen USAF 52-4315.
1955/1956, Canadair CL-13B Sabre Mk 6 duimnael|Canadair Sabre 367 met verteenwoordigende 1960’s-2 Eskader -kleurskema ’n Bestelling vir 34 Canadair CL-13B Sabre Mk 6-vliegtuie is in 1955 geplaas en hulle is vanaf Augustus 1956 afgelewer. Die Sabre Mk 6 in die SALM was in die reeks 350 tot 383 genommer. Daar was teen 1957 altesaam 16 eenhede van hierdie tipe op 2 Eskader se boeke. Die Sabres het aanvanklik ’n silwer kleurskema met identifiserende eskaderkleure gehad maar is later gekamoefleer. Die CL-13B Sabres is ook deur 1 Eskader en (later) 85 Gevorderde Vliegskool bedryf. Die tipe is in 1980 amptelik aan diens onttrek.
2 Eskader se Canadair CL-13B Sabre Mk 6-straalvegvliegtuie het in die vroeë 1960’s ’n onderskeidende kleurskema gehad. Rooi was die onderskeidende kleur van 2 Eskader, en ’n rooi strook (met swart strepe) is teen 1959 op die vliegtuie aangebring. Die vlerkpunte en valtenke is in soortgelyke kleure geverf. Daar was ook rooi kodeletters op die vliegtuie. Die Canadair CL-13B Sabre Mk 6 was vanaf 1956 tot 1963 op die boeke van 2 Eskader.
1963, Dassault Mirage III 2 Eskader was vanaf 1963 die permanente eenheid vir die Dassault Mirage IIICZ, BZ, RZ en R2Z totdat die Mirage III se laaste amptelike vlug op 5 Oktober 1990 plaasgevind het, maar hierdie modelle is aanvanklik by Waterkloof (tot Desember 1978) en later by Hoedspruit (vanaf Desember 1978 tot November 1990) gehuisves.
Mirage IIICZ duimnael|Mirage IIICZ reeksnommer 801 (kodeletter B) in die vroeë kleurskema Die eerste twee van 16 Mirage IIICZ’s is in April 1963 afgelewer (hulle het in die vragruim van ’n Lockheed Hercules aangekom) en die tipe is in Julie daardie jaar vir die eerste keer aan die publiek getoon. Die Mirage IIICZ was vir die onderskeppingsrol geoptimaliseer en was soortgelyk aan die oorspronklike Mirage IIIC en was ’n enkelsitplekvliegtuig wat onderskeppings in alle weersomstandighede kon uitvoer. Dit het twee intern gemonteerde 30 mm-kanonne gehad en kon ’n verskeidenheid bomme en missiele op monterings onder die vlerk en buik dra. Die Mirage IIICZ’s was van 800 tot 815 genommer.
Die volgende Mirage IIICZ-kodenommers is met behulp van foto’s en prente bevestig:
A = 800; B = 801; C = 815; E = 805; G = 807; K = 810; L = 802; P = 813; S = 803
Die Mirage IIIBZ-opleidingsvariant duimnael|Mirage IIIBZ reeksnommer 818 met soortgelyke kleurskema maar wit kodeletter op rooi stertvin Om die vlieëniers van die Mirage IIICZ op te lei is tweesitplek-Mirage III’s afgelewer. Drie BZ’s (reeksnommers 816 tot 818) is in 1964 as opleidingsvliegtuig vir die Mirage IIICZ afgelewer. (Die Mirage IIIBZ was die tweede Mirage III-variant wat aan die SALM afgelewer is.)
Die SALM-verkenningsweergawes van die Mirage III Die SALM het twee verkenningsweergawes van die Mirage III gebruik, naamlik die RZ (reeksnommers 835 tot 838, in 1967 afgelewer) en die R2Z (reeksnommers 854 tot 857; in Desember 1972 bestel, in 1974 afgelewer). Die SALM-Mirage IIIRZ’s was aanvanklik in ’n NAVO-kamoefleerskema geverf (sien die foto hieronder). Die Mirage IIIR2Z was die laaste Mirage III-variant wat aan die SALM afgelewer is.
Die Mirage IIIR2Z is ook gedurende die Grensoorlog gebruik. IIIR2Z reeksnommer 856 is op 6 Julie 1979 verloor in ’n missie wat tipies was van die soort wat deur verkenningsvliegtuie onderneem is. Die vlieënier van IIIR2Z reeksnommer 856 moes ná ’n aanval foto’s van ’n teiken neem om die omvang van die skade te bepaal, maar die vliegtuig se elektriese stelsel het onklaar geraak nadat dit deur lugafweergeskut getref is en die vliegtuig het buite beheer grond toe getuimel. Die vlieënier het uitgeskiet, gevangeneskap ontduik en is na Lugmagbasis Ondangwa afgevoer.
1970's
Lugmagbasis Ysterplaat Februarie 1970 geen|duimnael|Mirage IIICZ reeksnommer 805 word op 21 Februarie 1970 op Lugmagbasis Ysterplaat gesien.
2 Eskader tydens die Aviation Africa-tentoonstalling in Oktober1977 Daar is in die World Airnews-tydskrif van Oktober 1977 berig dat die Suid-Afrikaanse Lugmag se vertoning by Aviation Africa die grootste burgerlike vertoning sal wees vir meer as twee dekades. Die SALM se vertoning het formasievlugte deur vier Mirage IIICZ’s van 2 Eskader ingesluit.
1980's
1990's
Lugmagbasis Pietersburg-lugskou 24 Maart 1990
Vliegtuie en eenheidwapens in 1990 gesien
Onttrekking aan diens van die Mirage III en 50ste verjaarsdag van 2 Eskader op 5 Oktober 1990 duimnael|IIICZ 800 (links), IIIBZ 816 (middel) en IIICZ 809 (regs) op 5 Oktober 1990 te Hoedspruit 2 Eskader het op 5 Oktober 1990 sy 50ste verjaarsdag met ’n lugskou en statiese vertoning gevier (streng gesproke was dit op hierdie datum die 52ste verjaarsdag van die eenheid). Vir hierdie geleentheid is Mirage IIICZ reeksnommer 800 en IIIBZ reeksnommer 816 in spesiale skemas geverf. CZ 800 het ’n kleurskema gehad wat uit swart en goud bestaan het en BZ 816 was in ’n skema wat verteenwoordigend was van die kleurskemas wat die Mirage III’s in die 1960’s gehad het. Nommer 800 het ’n sololugvertoning gelewer en is staties vertoon, nommer 816 is staties vertoon en Mirage IIICZ reeksnommer 809 is staties in ’n laesigbaarheid-kamoefleerskema vertoon.Die 2000 vliegure van ’n 2 Eskader-vlieënier is ook op 5 Oktober 1990 herdenk. Mirage IIICZ reeksnommer 800 is tydens ’n spesiale seremonie na ’n vliegtuigloods geneem. Altesaam 12 Mirage III’s het ’n verbyvlug in die vorm van die syfer 2 gelewer. Al die Mirage III-variante wat op daardie tydstip deur 2 Eskader bedryf is, is in die lugskou, statiese vertoning en verbyvlug verteenwoordig. 5 Oktober 1990 was ook die laaste amptelike vlug van die Mirage III in SALM-diens.
Die statiese vertoning en 2000-vliegure-seremonie
Sololugvertoning
Verbyvlug van 12 Mirage III’s Die volgende Mirage III’s het aan die verbyvlug deelgeneem:
CZ: 801, 804, 805, 807, 808, 811, 815
BZ: 817, 818
RZ: 835, 837, 838
Die vliegtuie ry na die aanloopbaan
Die verbyvlug geen|duimnael|Twaalf Mirage III’s in ’n formasieverbyvlug
Die vliegtuie land ná die verbyvlug
Die ingebruikneming van die Cheetah Nadat 89 Gevegvliegskool op 29 November 1992 ontbind is, is die tweesitplek-Cheetahs vanaf die einde van Februarie 1993 deur 2 Eskader-opleidingsvlug in gebruik geneem en later deur die herstigte 2 Eskader geabsorbeer. Die eerste Cheetah D (reeksnommer 841) het in November 1992 gearriveer. Die Cheetah C’s is van die begin af deur 2 Eskader gebruik. Die eerste Cheetah C het op 13 Januarie 1993 gearriveer en 2 Eskader is op 26 Februarie 1993 herstig. 2 Eskader is vanaf Februarie 1993 by Louis Trichardt gebaseer (die basis is later Makhado herdoop).
1995 Die SALM het gedurende 1995 as deel van die verrigtinge om sy 75ste bestaansjaar te vier opedae/lugskoue by die meeste van sy basisse gehou.
Sentrale Vliegskool Langebaanweg-lugskou 4 Maart 1995 Vyf Atlas Cheetah C-vegvliegtuie van 2 Eskader is op 4 Maart 1995 by Langebaanweg gesien. Hulle het die reeksnommers 355, 358, 369, 370 en 377 gehad. Die vliegtuie word in die meegaande foto’s geïllustreer.
Lugmagbasis Durban 8 April 1995 geen|duimnael|Dit is ’n foto van die Cheetah C met die reeksnommer 369. Hy is besig om op 8 April 1995 by Durban op ’n rybaan te ry.
Lugmagbasis Bloemspruit 13 Mei 1995
Lugmagbasis Louis Trichardt 26 Augustus 1995
Lugmagbasis Hoedspruit 23 September 1995
Herdenkingskleurskema gedurende SALM 75 gesien Atlas Cheetah C reeksnommer 342 is vir die SALM se verjaarsdagvieringe in 1995 in ’n spesiale kleurskema geverf. Dit het bestaan uit die kolle van die tipe se eweknie in die diereryk en blou asook spesiale merke. Daar was THE PRIDE OF THE NATION-driehoeke op die stertvin en onder die vlerk asook die syfer 75 en die SALM-arend in goud op die stertvin. Die vliegtuig het as gevolg van die kleurskema die bynaam “Spotty” gekry. Die kleure en merke word op verskillende datums en by verskillende plekke in die meegaande foto’s uitgebeeld.
2000
Parade om Generaal Hechter vaarwel toe te roep en bevel aan Generaal Beukes te oorhandig duimnael|60 Eskader Boeing 707 en drie 2 Eskader Cheetahs op 29 Februarie 2000 ’n Parade is op 29 Februarie 2000 gehou om afskeid van Luitenant-Generaal WH Hechter te neem en die bevel aan Luitenant-Generaal RJ Beukes te oorhandig. Vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag het aan verbyvlugte deelgeneem. Dit het Cheetahs van 2 Eskader ingesluit.
SALM 80 Internasionale Lugskou en Africa Aerospace and Defence-tentoonstelling Die SALM was 80 jaar oud in 2000 en het hierdie geleentheid op verskillende plekke in Suid-Afrika gevier. Die hoogtepunt van hierdie vieringe was ongetwyfeld die SALM 80 Internasionale Lugskou by Lugmagbasis Waterkloof weens die internasionale deelname, veral deur Afrika-lande. Die militêre lugskou het van 8 tot 9 September plaasgevind en het saamgeval met die Africa Aerospace and Defence-tentoonstelling, wat van 5 tot 7 September 2000 gehou is (AAD 2000). (Africa Aerospace and Defence 2000-katalogus)
2002
AAD Africa Aerospace and Defence 2002 het van 18 tot 22 September plaasgevind. Die SALM was ook by AAD 2002 teenwoordig.
2004
Africa Aerospace and Defence duimnael|Atlas Cheetah C reeksnommer 359 op 21 September te Waterkloof Die Suid-Afrikaanse Lugmag was van 21 tot 23 September 2004 by Lugmagbasis Waterkloof een van die uitstallers gedurende AAD 2004.
2005
Polokwane Internasionale Lughawe-lugskou 21 Mei 2005 In die week wat op 16 Mei 2005 begin het, is ’n vervoerkonvensie by die Polokwane Internasionale Lughawe in die Noordelike Provinsie van Suid-Afrika gehou. As deel van die konvensie het ’n burgerlike en militêre lugskou op Saterdag, 21 Mei 2005 plaasgevind.
Swartkop 17 September 2005 geen|duimnael|Cheetah C reeksnommer 352 op 17 September 2005 te Swartkop
Die byeenkoms vir vegvliegtuie op 8 Oktober 2005