Hendrik Van Eck-lughawe (IATA-kode PHW, ICAO: FAPH) is 'n lughawe wat Phalaborwa, 'n myn- en toeristedorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika bedien. Dit staan ook as Phalaborwa-lughawe bekend, en is naby die Krugerwildtuin en verskeie wildreservate geleë.
Fasiliteite Die lughawe lê op 'n hoogte van 436 meter (1432 voet) bo seevlak. Dit beskik slegs oor een aanloopbaan, aangewys as 01/19, met 'n geteerde oppervlakte van 1 373 m lank en 18 m breed.
Lugrederye en bestemmings Airlink — O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg
Verwysings
Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika